Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 3/15 bl. 23
  • Waar kan ware geluk gevind word?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar kan ware geluk gevind word?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Dit hang van jou af of jy ware geluk sal vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Hoe om geluk te vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hoe om ware geluk te vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Ware geluk in Jehovah se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 3/15 bl. 23

Waar kan ware geluk gevind word?

BAIE mense meen dat ’n mens geluk kan vind deur materiële besittings aan te skaf. Wat van jou? Hoewel materiële dinge beslis tot ons geluk kan bydra, verseker hulle dit nie; fisiese genietinge bou nie geloof nie en bevredig ook nie geestelike behoeftes nie.

In sy Bergpredikasie het Jesus Christus gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte, want die koninkryk van die hemele behoort aan hulle” (Matteus 5:3). Jesus het ook gesê: “Waak teen elke soort hebsug, want selfs wanneer iemand oorvloed het, spruit sy lewe nie voort uit die dinge wat hy besit nie.”—Lukas 12:15.

Baie jaag geluk na deur ongeoorloofde geslagsomgang te hê en ander “werke van die vlees” te beoefen (Galasiërs 5:19-21). Maar om vir sinsgenot te swig, bring nie ware en blywende geluk nie. Trouens, diegene wat sulke dinge beoefen, sal nie God se Koninkryk beërf nie.—1 Korintiërs 6:9, 10.

Ander soek geluk in hulleself deur hulle eiewaarde te probeer opbou. Biblioteke en boekwinkels is vol selfhelpboeke, maar sulke publikasies het nie vir mense blywende geluk gebring nie. Waar kan ons dan ware geluk vind?

Om waarlik gelukkig te wees, moet ons ons ingebore geestelike behoefte erken. Jesus het gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte.” Dit sal ons natuurlik nie veel baat as ons bewus is van hierdie behoefte en dan niks daaromtrent doen nie. Ter toeligting: Wat sal met ’n maratonatleet gebeur wat ná die wedloop nie iets omtrent sy liggaam se behoefte aan water doen nie? Sal hy nie kort voor lank ontwater en ander ernstige gevolge moet dra nie? As ons nalaat om iets omtrent ons behoefte aan geestelike voeding te doen, sal ons eweneens uiteindelik geestelik wegkwyn. Dit sal daartoe lei dat ons ons vreugde en geluk verloor.

Jesus was ten volle bewus van sy geestelike behoefte en het God se Woord gereeld bestudeer en bepeins. Hy kon dele van die Heilige Geskrifte met gemak vind en lees, en hy het ander geleer om dieselfde te doen. (Lukas 4:16-21; vergelyk Efesiërs 4:20, 21.) Jesus het ook die uitvoering van sy hemelse Vader se wil met voedsel vergelyk. Dit het hom baie geluk verskaf om God se wil te doen.—Johannes 4:34.

Ja, ware geluk kan nie gevind word deur materiële dinge aan te skaf nie; dit bring ook nie geluk mee as ’n mens die gevalle vlees bevredig nie. Ware geluk is ’n hartstoestand wat gegrond is op ware geloof en ’n goeie verhouding met Jehovah God. Die psalmis Dawid het dus gepas gesing: “Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is.”—Psalm 144:15b, NW.

[Prent op bladsy 23]

Geloof en ’n goeie verhouding met God sal vir jou ware geluk meebring

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel