Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 8/15 bl. 2-3
  • ’n Besoek aan die Beloofde Land

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Besoek aan die Beloofde Land
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • “[Wys] die land as ’n erfdeel [toe]”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Paradys—Vir Jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Praktiese lesse uit die Beloofde Land
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Studie nommer 1—’n Besoek aan die Beloofde Land
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 8/15 bl. 2-3

’n Besoek aan die Beloofde Land

GESTEL ’n vriend sê vir jou dat hy vir jou ’n geskenk gekoop het—’n splinternuwe huis in ’n pragtige, stil omgewing. ‘Hoe lyk die huis?’ wonder jy dalk. Jy sal ongetwyfeld gretig wees om hierdie huis met jou eie oë te sien, om deur elke vertrek te loop en dit van naderby te bekyk. Dit is tog jou nuwe tuiste!

In 1473 v.G.J. het Jehovah vir die eertydse nasie Israel ’n nuwe tuiste gegee—die Beloofde Land, ’n gebied wat van noord tot suid sowat 500 kilometer lank en gemiddeld 55 kilometer breed is.a Die Beloofde Land was in ’n gebied geleë wat al die Vrugbare Halfmaan genoem is en was ’n genotvolle plek om in te woon, aangesien dit met sy eie unieke kenmerke geseën was.

Maar waarom moet jy vandag in ’n “tuiste” belangstel wat aan iemand anders gegee is, veral iemand wat lank gelede gelewe het? Omdat kennis van hierdie geskiedkundige land jou waardering vir Bybelverslae kan vergroot. “In die land van die Bybel”, het wyle professor Yohanan Aharoni geskryf, “hang aardrykskunde en die geskiedenis so nou saam dat geeneen werklik sonder die hulp van die ander verstaan kan word nie.” Daarbenewens was die Beloofde Land in sy bloei ’n kleinskaalse voorbeeld van wat die Paradys onder God se Koninkryk binnekort aardwyd vir die mensdom sal beteken!—Jesaja 11:9.

Gedurende sy aardse bediening het Jesus Christus dinge wat algemeen in die Beloofde Land voorgekom het, gebruik om sy toehoorders praktiese lesse te leer (Matteus 13:24-32; 25:31-46; Lukas 13:6-9). Ons kan ook op ’n praktiese wyse baie leer deur aandag te skenk aan party kenmerke van eertydse Palestina. Kom ons loop as ’t ware deur ’n paar van sy vertrekke en bekyk van naderby party uitsonderlike kenmerke van hierdie land wat baie eeue lank die tuiste van God se volk was. Soos ons sal sien, is daar baie lesse wat ons uit die Beloofde Land kan leer.

[Voetnoot]

a Die gebruik van “Beloofde Land” in hierdie artikels beskou sake in historiese perspektief, soos dit in die Bybel uitgebeeld word en sonder om betrokke te raak by die moderne politieke/godsdienstige aansprake in die streek.

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Buiteblad: Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Garo Nalbandian

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel