Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 7/15 bl. 32
  • Jy kan “’n leeu se hart” hê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kan “’n leeu se hart” hê
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 7/15 bl. 32

Jy kan “’n leeu se hart” hê

DIE Bybel gebruik die leeu soms as ’n simbool van moed en selfvertroue. Dapper of moedige manne word beskryf as mense wat “’n leeu se hart” het, en daar word gesê dat die regverdiges “die moed van ’n leeu” het (2 Samuel 17:10; Spreuke 28:1, NAV). Veral wanneer die leeu uitgedaag word, toon hy dat hy sy reputasie as “die magtigste van al die diere” verdien.—Spreuke 30:30, NAV.

Jehovah God vergelyk sy vasbeslotenheid om sy volk te beskerm met die onverskrokkenheid van die leeu. Jesaja 31:4, 5 sê: “Soos ’n leeu en ’n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas—só sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion . . . [Hy sal haar] beskut en red, verskoon en bevry.” Jehovah verseker sy knegte dus van sy daadwerklike sorg, veral wanneer hulle voor teenspoed te staan kom.

Die Bybel vergelyk die mensdom se grootste teenstander, Satan die Duiwel, met ’n brullende, roofsugtige leeu. Om te verhoed dat ons sy prooi word, sê die Skrif vir ons: “Bly nugter van verstand, wees waaksaam” (1 Petrus 5:8). Een manier waarop ons dit kan doen, is om noodlottige geestelike lomerigheid te vermy. Jesus het in verband hiermee gesê: “Let op julleself dat julle harte nooit beswaar word met oormatige etery en strawwe drinkery en sorge van die lewe [nie]” (Lukas 21:34-36). Ja, as ons geestelik wakker is in hierdie “laaste dae” kan ons “’n leeu se hart” kry, een wat ‘gerus en vol vertroue op die HERE’ is.—2 Timoteus 3:1; Psalm 112:7, 8.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel