“Dit is die werk van Jehovah”
Dit was die titel van ’n artikel in El Norte, ’n koerant van die stad Monterrey, Mexiko. Die artikel het oor ’n nuwe Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies gehandel.
Monterrey (met sy voorstede) is ’n stad met ’n bevolking van 2 300 000 mense in die noordelike deel van Mexiko, en daar is 19 200 Koninkryksverkondigers. Die Getuies het ongeveer ’n jaar en ’n half lank kragte saamgespan om ’n pragtige en praktiese Byeenkomssaal met 3 000 gemaklike sitplekke en lugversorging te bou. Die plaaslike Getuies was verheug toe ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies die toewydingstoespraak gehou het. In die program was daar onder andere ’n kort opsomming van die werk in Monterrey, en daar is onderhoude gevoer met diegene wat met die bouwerk gehelp het. Daarna het die 4 500 wat die vergadering bygewoon het die toewydingstoespraak geniet.
Dit is die derde Byeenkomssaal wat onlangs in Mexiko gebou is in wat beskryf is as ’n kampanje om “Meer, groter en beter Koninkryksale en Byeenkomssale” te bou.
Met meer as 443 000 verkondigers in Mexiko, en met ’n gedenkmaalopkoms van 1 492 500 in 1995, sal nuwe Byeenkomssale, soos die een in Monterrey, ongetwyfeld aan God se doel beantwoord.