Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 4/15 bl. 31
  • Waarom hy die grootste naam gebruik het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom hy die grootste naam gebruik het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 4/15 bl. 31

Waarom hy die grootste naam gebruik het

“VOLGENS een van my kritici het ek gesondig omdat ek die woord ‘Jehovah’ gebruik het pleks van ‘die Here’, wat al eeue lank sy gebruiklike ekwivalent is.”

Dit was die kommentaar van J. J. Stewart Perowne in die voorwoord van die tweede uitgawe van sy vertaling van die boek Psalms wat die eerste keer in 1864 uitgegee is. Die kritikus, wat in die Saturday Review van 2 Julie 1864 geskryf het, het beswaar gemaak teen die gebruik van God se naam in die vertaling, aangesien dit nie meer in die Joodse of die Christelike kerke gebruik is nie. Hy het beweer dat die naam Jehovah te nou verband hou met die Jode en dat ’n ander woord, soos “Here” of “God”, gebruik moet word “wat geen volks- of nasionale verband het nie”.

Perowne het nie met hierdie argumente saamgestem nie, aangesien hy nie “’n enkele karakter wou weglaat” uit God se openbaring aan die mens nie. Hy het tereg aangevoer dat vertalers wat die Hebreeuse Goddelike naam met “Here” weergee, nie ’n onderskeid tussen twee Hebreeuse woorde tref nie.

Daarbenewens het Perowne aangevoer dat daar baie bekwame gesaghebbendes is wat ten gunste is van die herstel van die Goddelike naam. Hy het die beroemde Engelse digter Samuel Taylor Coleridge aangehaal:

“Waarom gaan ons voort om die Hebreeus onregstreeks aan die hand van die Septuagint in Engels te vertaal? Het ons nie die woord Jehovah aan Hebreeus ontleen nie? Is die Κύριος, oftewel Here, van die Septuagint nie op baie plekke ’n Griekse plaasvervanger vir die Hebreeuse Jehovah nie? Waarom gebruik ’n mens dan nie die oorspronklike woord nie; en vertaal ’n mens nie Jehovah in die Ou Testament konsekwent met Jehovah en elke teks in die Nuwe Testament, wat na die Ou [Testament] verwys, met die Hebreeuse woord in die teks waarna daar verwys word nie?”

Perowne het erken dat die presiese uitspraak van die Hebreeuse Tetragrammaton verlore geraak het, maar hy het gesê: “As die naam in die Joodse Kerk bloot weens bygelowige besware in onbruik geraak het, en as die woord weens ’n slaafse vertaling uit die Griekse en Latynse Bybels in ons eie [Engelse] Bybel verlore geraak het, is daar beslis geen geldige rede om nie na die oorspronklike gebruik terug te keer nie.” Perowne het die vorm “Jehovah” verkies omdat dit algemeen bekend was. Sedertdien het ’n aantal moderner vertalings ook die Goddelike naam gebruik. Die New World Translation of the Holy Scriptures gebruik die naam Jehovah meer as 7 200 keer in die Hebreeuse en die Christelike Griekse Geskrifte.

In sy vertaling van die Psalms het Perowne probeer om “na aan die Hebreeuse vorm te bly wat die idiomatiek asook die sinskonstruksie betref”. Toe hy Psalm 69, verse 5 en 6, vertaal het, het hy gesien dat dit nodig is om tussen die Hebreeuse woorde vir “God” (ʼElo·himʹ), “Here” (ʼAdho·naiʹ) en “Jehovah” te onderskei: “o God [ʼElo·himʹ], U ken my dwaasheid, en my skuld is vir U nie verborge nie. Laat diegene wat U verwag nie vanweë my beskaamd staan nie, o Here [ʼAdho·naiʹ], Jehovah (God van) die leërskare! Laat diegene wat U soek nie deur my in die skande kom nie, o God van Israel.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel