Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 3/15 bl. 32
  • ’n Geleentheid wat jy moet bywoon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Geleentheid wat jy moet bywoon
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 3/15 bl. 32

’n Geleentheid wat jy moet bywoon

“Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk” daal neer van God, ons hemelse Vader (Jakobus 1:17). Die grootste gawe wat God die gevalle mensdom gegee het, is die voorsiening vir hulle verlossing deur middel van sy enigverwekte Seun, Jesus Christus. Jesus se dood as ons Verlosser maak die ewige lewe op ’n paradysaarde moontlik. In Lukas 22:19 word ons die opdrag gegee om sy dood te herdenk.

Jehovah se Getuies nooi jou hartlik uit om saam met hulle ag te slaan op Jesus se opdrag. Hierdie jaarlikse viering sal ná sononder plaasvind op die datum wat ooreenkom met 14 Nisan op die Bybel se maankalender, wat Dinsdag, 2 April 1996, sal wees. Maak ’n aantekening van hierdie datum sodat jy dit nie sal vergeet nie. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal vir jou kan sê presies waar en hoe laat dit gehou gaan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel