Saak teen Jehovah se Getuies word beslis
NADAT die saak herhaaldelik uitgestel is, bet die Appelhof in Tessalonika, Griekeland, uiteindelik op 8 Junie 1995 gesit om die saak to verhoor teen vier vroue wat Getuies van Jehovah is. Wat was die klag wat teen hulle ingebring is? Proselitisme, wat al meer as vyf dekades lank deur die Griekse wet verbied word.
Teen die tyd dat die hof egter gesit bet, bet die aanklaer se hoofgetuie—die priester wat die saak teen die vier vroue aanhangig gemaak het—nie meer gelewe nie. ’n Ander priester bet in sy plek probeer getuig, maar die hof bet nie sy pleit aanvaar nie. Dit is dus nie verbasend dat die verhoor slegs 15 minute geduur bet nie! Die regter bet die ander getuies van die aanklaer ondervra en die beskuldigdes onskuldig bevind aan onwettige proselitisme. Hierdie uitspraak toon dat die Griekse howe bereid is om die uitspraak wat in 1993 deur die Europese
Hof vir Menseregte gelewer is to respekteer en daarby to bly.
Dit was veral verbasend om to sien hoe die drie vroue wat vir die aanklaer getuig bet die Getuiebeskuldigdes genader en hulle hartlik gelukgewens bet. “Ons wil graag om verskoning vra vir alles wat gebeur het”, bet een van hulle gese. Sy bet bygevoeg: “Dit was nie ons skuld nie. Die priester bet ons gedwing om julle to vervolg. Noudat by nie meer lewe nie, wil ons he dat julle na ons dorp en ons huise toe moet kom.”
Jehovah bet dus weer eens ’n wonderlike oorwinning aan sy volk in Griekeland gegee. Die wet op proselitisme is in 1938 en 1939 in Griekeland aangeneem. In 1993 bet die Europese Hof vir Menseregte beslis dat dit verkeerd is om hierdie wet to gebruik om Jehovah se Getuies to vervolg.—Sien Die Wagtoring van 1 September 1993, bladsye 27-31.