Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 12/1 bl. 32
  • Moenie ’n wrok koester nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moenie ’n wrok koester nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 12/1 bl. 32

Moenie ’n wrok koester nie

DIT lyk asof dit nou moeiliker as ooit is om nie gegrief te voel wanneer iemand ons te na kom nie. Die Bybel het praktiese raad vir sulke situasies. “Wees toornig”, het die apostel Paulus geskryf, “en moet nogtans nie sondig nie; laat die son nie ondergaan terwyl julle in ’n ergerlike gemoedstemming is nie.”—Efesiërs 4:26.

Wanneer iemand ons verontreg, is dit doodnormaal om in sekere mate kwaad te word. Die feit dat Paulus sê “wees toornig”, impliseer dat toorn by tye gepas kan wees—miskien vanweë onbillike behandeling of ’n regsdwaling. (Vergelyk 2 Korintiërs 11:29.) Maar as die probleem nie opgelos word nie, kan selfs geregverdigde toorn rampspoedige gevolge hê, wat tot groot sonde kan lei (Genesis 34:1-31; 49:5-7; Psalm 106:32, 33, vgl. NW). Wat kan jy dus doen wanneer jy vertoorn word?

In die meeste gevalle van geringe oortredings kan jy óf die saak net daar laat en ‘stil wees’ óf die oortreder nader en die kwessie bespreek (Psalm 4:5; Matteus 5:23, 24). Hoe dit ook al sy, dit is die beste om die saak gou te besleg sodat gegriefdheid nie vererger en tragiese gevolge voortbring nie.—Efesiërs 4:31.

Jehovah vergewe ons sondes vryelik, selfs sondes waaraan ons ons in ons onkunde onwetend skuldig maak. Kan ons dan nie eweneens die geringe oortreding van ’n medemens vergewe nie?—Kolossense 3:13; 1 Petrus 4:8.

Dit is interessant dat die Griekse woord vir “vergewe” letterlik beteken “om te laat los”. Vergifnis vereis nie dat ons die onreg kleineer of vergoeilik nie. Soms beteken dit om die situasie eenvoudig te vergeet, in die besef dat dit net jou las swaarder sal maak en die eenheid van die Christengemeente sal versteur as jy ’n wrok koester. Dit kan bowendien nadelig wees vir jou gesondheid om ’n wrok te koester!—Psalm 103:9

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel