Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 7/1 bl. 32
  • ‘Dit oorskry die perke van gesonde verstand’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dit oorskry die perke van gesonde verstand’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 7/1 bl. 32

‘Dit oorskry die perke van gesonde verstand’

“AANGESIEN oorloë in die verstande van mense begin, moet ons die skanse van vrede in die verstande van mense oprig” (Handves van die VN se Organisasie vir Onderwys, Wetenskap en Kultuur). Met hierdie stelling in gedagte het meer as 500 deskundiges wat in 1993 ’n VN-konferensie oor ontwapening bygewoon het godsdiens se rol in die oprigting van sulke skanse bespreek.

Jonathan Granoff, verteenwoordiger van die Bond van Regsgeleerdes vir Wêreldveiligheid, was die voorsitter van die konferensie. Hy het gesê: “Die omvang van vandag se godsdiens- en etniese konflikte oorskry die perke van beskaafde gedrag en moontlik die perke van gesonde verstand.” Die woorde van John Kenneth Galbraith is gepas gedurende die konferensie aangehaal: “Meer mense is in die naam van godsdiens doodgemaak as in al die oorloë en natuurrampe tesame.”

Dr. Seshagiri Rao het gesê: “Geneeshere is veronderstel om siektes te genees, nie om dit te versprei nie. Godsdienstradisies is nie veronderstel om haat en gewelddadige konflikte tussen mense te versprei nie. Dit is bedoel om kragte van versoening te wees. In werklikheid is en was dit eerder verdelende kragte.”

’n Paar jaar gelede het die Londense Catholic Herald die opmerking gemaak dat vrede verseker kan word “as die kerke van vandag met ’n gesamentlike veroordeling van oorlog vorendag kan kom”. Maar die koerant het bygevoeg: “Ons weet dat dit nooit sal gebeur nie.” ’n Katolieke non het eenkeer opgemerk: “Hoe anders sou die wêreld tog wees as ons almal een oggend wakker word en vasbeslote is om nie weer die wapen op te neem nie, . . . net soos Jehovah se Getuies!”

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Tom Haley/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel