Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 4/15 bl. 7-9
  • Daar wag vreugde vir diegene wat die waarheid vind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Daar wag vreugde vir diegene wat die waarheid vind
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware Bybelleerstellings bring vreugde mee
  • Ware Bybelbeginsels bring vreugde mee
  • Vreugde moet aangekweek word
  • Bybelwaarheid het hulle lewens verander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Wanneer ’n huweliksmaat jou vertroue skend
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Wees blymoedig in ’n wêreld vol moeilikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • ‘Gaan voort om die weg van die waarheid te volg’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 4/15 bl. 7-9

Daar wag vreugde vir diegene wat die waarheid vind

’NFINSE man het die boek The Divine Plan of the Ages in sy solder gevind. Hy het dit op die plek begin lees, en kort voor lank het hy by homself gesê: ‘Dit is die waarheid; dit is die waarheid.’ Toe hy van die solder afkom, het hy vir sy vrou gesê: “Ek het die ware godsdiens gevind.”

Hierdie ondervinding is ongewoon weens die wyse waarop hierdie man die waarheid gevind het, maar baie van Jehovah se Getuies kan van ’n soortgelyke reaksie vertel. Hulle almal kan jou vertel van die vreugde wat dit meebring om die waarheid te vind. Die volgende ondervindinge lig dit toe.

Ware Bybelleerstellings bring vreugde mee

Margarita Königer het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in München, Duitsland, grootgeword. Gebombardeerde en brandende huise was ’n algemene gesig. Haar broer het in die oorlog gesterf. Toe sy Katolieke kerkdienste bygewoon het, het sy gehoor dat gebede gedoen word vir Duitse soldate en die führer, Hitler. Sy het ná die oorlog ’n beurs ontvang om ’n universiteit in die Verenigde State by te woon as deel van ’n program vir uitruilstudente. Sy het gevind dat mense vriendelik teenoor haar was, en daarom het sy gewonder wat dit is wat mense, wie se natuurlike begeerte dit is om in vrede te lewe, aandryf om mekaar in oorlogstyd te wantrou en te haat. Terug in München het sy met Jehovah se Getuies in aanraking gekom en deur ’n Bybelstudie met hulle het sy die antwoorde op haar vrae gekry. Sy sê: “Ek is in die Bybel gewys dat bose geesmagte daarby betrokke is . . . Die Bybel noem hulle ‘wêreldheersers’ en sê in werklikheid dat Satan ‘die hele bewoonde aarde mislei’. . . . Hoe redelik en bevredigend is hierdie antwoorde tog as ’n mens die goddelose, duiwelse dade van nasies en mense in ag neem!”—Efesiërs 6:12; Openbaring 12:9.

Margarita vertel voorts: “Dit het my groot vreugde verskaf om te leer van God se voorsienings om die aarde se probleme op te los. Nee, dit sal nie deur enige menslike ideologie of administrasie wees soos wêreldse opvoedkundiges aan die hand doen nie. Die Bybel toon eerder dat ’n nuwe hemelse regering die beheer oor die aarde se aangeleenthede gaan oorneem. . . . Jesus Christus het sy volgelinge leer bid: ‘Laat u koninkryk kom.’ . . . Ek het begin sien dat hierdie koninkryk ’n werklike regering is en dat ware, wêreldwye vrede alleenlik daardeur bereik sal word.” Gedurende die afgelope bykans 30 jaar het Margarita as ’n sendeling in vyf Afrikalande gedien—waarvan die laaste 19 jaar daaraan bestee is om die waarheid aan die nederige mense van Ouagadougou, Burkina Faso, bekend te maak.

Margarita se ondervinding is nie enig in sy soort nie. Baie het net so positief gereageer toe hulle uitgevind het dat die geestelikes van die Christendom, aan albei kante van die stryd, bid dat God hulle die oorwinning gee. Opregtes van hart sien die redelikheid van die Bybel se verduideliking dat God niks met die mens se oorloë te doen het nie, maar dat dit ontstaan omdat ‘die hele wêreld in die mag van die bose lê’. Hierdie waarheidsoekers leer dat ware Christene “geen deel van die wêreld” moet wees nie, maar neutraal in wêreldse aangeleenthede moet bly. Wanneer hulle sien dat Jehovah se Getuies so ’n standpunt ingeneem het, raak hierdie nuwe belangstellendes oortuig dat hulle die waarheid gevind het. Hulle hoop en vreugde neem toe namate hulle kennis vermeerder aangaande die rede waarom God goddeloosheid toelaat en hoe hy binnekort vreedsame en regverdige toestande op die aarde deur middel van sy Koninkryk gaan bewerkstellig.—1 Johannes 5:19; Johannes 17:16; Matteus 6:9, 10.

Ware Bybelbeginsels bring vreugde mee

Daniel Rosero van Equador het gevoel dat die lewe sinloos is, en hy het dus begin drink. Die kerk waarheen hy gegaan het, het hom geleer dat die enigste ding waarna hy kon uitsien die dood en ’n brandende hel is. Hy het gesê: “Ek gaan brand, so laat ek dan maar drink!” Hy het ’n gesin van agt gehad waarvoor hy nie gesorg het nie en hy het altyd met sy vrou, Delia, baklei. Die keerpunt het een Sondagoggend gekom toe hulle deur Jehovah se Getuies besoek is en die Bybel begin bestudeer het. Die eerste keer toe Daniel ’n kringbyeenkoms van Jehovah se Getuies bygewoon het, het hy besef dat hy die waarheid gevind het. Hy sê: “Die organisasie het my oorweldig. Die mense het met mekaar oor die weg gekom, al was daar sommer baie van hulle. Jy kon die liefde in die skare aanvoel. Niemand het gerook nie. Niemand het gevloek nie. . . . Ek onthou dat ek gedink het: ‘Dit is die waarheid!’ Dit was nie vrees vir die dood of vir die wêreld se einde wat my aangespoor het nie. Dit was die reinheid van die organisasie.”

Die hele Rosero-gesin het Jehovah se Getuies geword. Hulle gesinslewe en hulle ekonomiese situasie het verbeter namate hulle Bybelbeginsels toegepas het. Delia Rosero sê: “Jy weet, ek het dit alles aan die waarheid van die Bybel te danke. Wie weet waar my kinders sonder God se Woord sou wees? Al sewe van hulle is gedoop en hulle is stabiele mense. Die waarheid het vir my ’n heeltemal nuwe lewe en nuwe geluk beteken.”

Die ondervinding van die Rosero-gesin is nie uniek nie. In ons tyd word talle deur probleme geteister. Een rede hiervoor is dat die sedelike standaarde wat deur die Bybel voorsien word nie meer gerespekteer word, soos die geval was in vroeër geslagte nie. Die meeste godsdienste het hierdie neiging gevolg, óf in die naam van verdraagsaamheid óf omdat hulle voel dat ou sedelike standaarde uitgedien is weens die veranderende tye. Die Rosero’s moes dus, soos ander, sonder die Bybel se leiding rondtas. Dit is egter wanneer sulke nederige mense God se beskouing van sedes en die gesinslewe verstaan dat hulle sonder uitstel toepas wat hulle leer. Uit hulle verhale kan ons die goeie resultate daarvan sien wanneer dit gedoen word.

Vreugde moet aangekweek word

Dit beteken egter nie dat ’n Christen die hele tyd in ’n toestand van euforie is nie. Christene word natuurlik ook beïnvloed deur die probleme wat mense in die algemeen ondervind, soos werkloosheid, siekte en die dood. Christene moet ook voortdurend stry teen hulle eie onvolmaakthede en swakhede. Die Bybelverslag sê dat Lot “grootliks deur die wettrotserende mense se oorgawe aan losbandige gedrag” in die stad Sodom “gekwel was”. Getroue Christene kan soortgelyke gevoelens nie vermy wanneer hulle die heersende goddelose toestande sien nie.—2 Petrus 2:7, 8.

Diegene wat die waarheid gevind het, het nietemin ’n voordeel. ’n Gelowige wat byvoorbeeld treur oor iemand wat gesterf het, hoef nie te “treur soos die res wat geen hoop het nie”. Sy droefheid sal nie grensloos wees nie. Dit geld ook vir ander probleme. Iemand wat die waarheid gevind het, weet dat sy huidige probleme net tydelik is. Hoop maak dit makliker om moeilike omstandighede te verduur. ’n Gebalanseerde lewenswyse help ook.—1 Tessalonisense 4:13.

Paulus het Christene die volgende vermaning gegee: “Verheug julle altyd in die Here. Weer eens sal ek sê: Verheug julle!” (Filippense 4:4). Dit toon dat, hoewel ons almal vreugde kan ervaar, dit ook moontlik is om dit nie te hê nie. Die sorge van hierdie ou stelsel van dinge kan ’n struikelblok wees. Daarbenewens sê die Bybel vir ons dat ons vreugde, een van die vrugte van God se gees, moet aankweek (Galasiërs 5:22). Jou vreugde sal nie verflou nie indien jy gereeld kennis van die waarheid inneem en jouself herinner aan die ryk geestelike skatte wat dit gebring het en steeds bring. Dit sal sterker word namate ons die tyd nader wanneer God ‘elke traan’ sal afvee van mense se oë en wanneer “verdriet en geskreeu en pyn” nie meer daar sal wees nie.—Openbaring 21:4.

[Prente op bladsy 8]

Baie is beïndruk deur die vreugde en goeie organisasie by byeenkomste van Jehovah se Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel