Jy word hartlik genooi
Die dood van die mens Jesus Christus meer as 1 900 jaar gelede was die belangrikste gebeurtenis in die mensegeskiedenis. Sy dood het die vooruitsig op die ewige lewe op ’n paradysaarde moontlik gemaak. Tydens ’n eenvoudige seremonie het Jesus ongesuurde brood en wyn as simbole van sy liefdevolle menseofferande gebruik. Toe het hy vir sy dissipels gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Lukas 22:19). Sal jy hierdie belangrike gebeurtenis onthou? Jehovah se Getuies nooi jou hartlik om saam met hulle hierdie Gedenkmaal te hou. Dit sal ná sononder wees op die dag wat ooreenstem met 14 Nisan op die Bybel se maankalender. Jy kan dit by die Koninkryksaal naaste aan jou bywoon. Vind by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies hoe laat en waar dit daar gehou gaan word. Die datum vir die viering in 1995 is Vrydag, 14 April.