Klein maar kragtig
ROBERT, ’n jong man van Kanada, het deur Europa gereis op soek na ’n doel in die lewe. Hy het baie dinge gesien wat hom sonder hoop vir die toekoms gelaat het.
Terwyl Robert in ’n kafee in Sevilla, Spanje, gesit het, het iemand hom ’n traktaat gegee wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word. Robert was eers skepties. “Ek het dit nogtans gelees”, het hy gesê. “Ek kan dit nie verduidelik nie, maar dit was asof iets skielik vir my duidelik geword het. Gedurende my reise het ek baie vorme van menslike depressie en agteruitgang gesien, en ek was gefrustreerd omdat ek nie die vermoë gehad het om dinge te verander nie. Nadat ek die traktaat gelees het, het ek gewonder: ‘Het hierdie “nuwe wêreld” ’n kans op bestaan?’ Toe het ek gedink: ‘Ja, miskien het dit.’”
Met hernieude hoop het Robert aan die kantoor van Jehovah se Getuies in Kanada geskryf en gevra dat iemand hom tuis besoek wanneer hy terugkeer en hom help om die Bybel te verstaan.
Die gesproke woord is ongetwyfeld kragtig. Maar moet nooit die krag van die gedrukte boodskap geringskat nie. Hoe klein dit ook al is, Bybelpublikasies het dinamiese trefkrag. Hulle raak die verstand en hart en gee ’n betroubare hoop vir die toekoms.—Hebreërs 4:12.