Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 12/15 bl. 32
  • “Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 12/15 bl. 32

“Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan”

DEUR die geskiedenis heen het getroue knegte van God tye van intense emosionele lyding deurgemaak. Hoe waar is dit tog nie vandag nie, aangesien ons in “swaar tye” lewe! (2 Timotheüs 3:1). Die apostel Paulus het Christene gemaan om hulle sorge deur gebed op Jehovah te werp. Met watter gevolg? “Die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”—Filippense 4:7.

Wat is hierdie “vrede van God”? Dit is ’n kalmte wat spruit uit ’n hegte verhouding met die Skepper. Hierdie intimiteit gee ons die vertroue dat Jehovah, ondanks ons bekommernisse, ‘sy volk nie sal verstoot nie; hy sal diegene wat aan hom behoort nie verlaat nie’.—Psalm 94:14, Today’s English Version.

Dit beteken nie dat ons immuun teen teëspoed is nie. “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige”, het die psalmis geskryf (Psalm 34:20). Maar die vrede van God kan verligting bring. Hoe?

Die vrede van God ‘gaan alle verstand te bowe’, het Paulus geskryf—of (volgens die weergawe in die Concordant Version) dit is “bo elke geestestoestand verhewe”. Sorge kan tot ’n groot verskeidenheid angswekkende emosies aanleiding gee (Prediker 7:7, NW). Maar die vrede van God kan ons bestendig maak, veral wanneer ons “krag wat bo die normale is”, nodig het.—2 Korinthiërs 4:7, NW; 2 Timotheüs 1:7.

Daarbenewens is die vrede van God ’n beskerming. Dit kan “julle harte en julle sinne bewaar”, soos Paulus aan die Filippense geskryf het. Die Griekse woord wat as “bewaar” vertaal word, is ’n militêre term wat ’n mens waarskynlik laat dink het aan wagte wat dag en nag waak. Op ’n soortgelyke wyse kan die vrede van God 24 uur per dag oor ons harte en ons sinne waak.—1 Korinthiërs 10:13; vergelyk Efesiërs 4:26.

As ons die spanningsvolle uitdagings van ons tyd in ag neem, is die vrede van God beslis iets om voor dankbaar te wees.—Psalm 18:3; vergelyk Exodus 40:38.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel