Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 9/15 bl. 8-9
  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Nigerië

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Nigerië
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jongmense reik uit na die pionierdiens
  • Die video en die Koninkryksaal
  • Jehovah se getuies—die organisasie agter die naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Haar inisiatief is beloon
    Ontwaak!—2002
  • Die trefkrag van video’s wat ’n getuienis gee
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Ons het meer broers in die pionierdiens nodig
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 9/15 bl. 8-9

Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Nigerië

NIGERIË lê in die boog onderaan die westelike boggel van Afrika. Dit is geleë aan die Golf van Guinee, net noord van die ewenaar, en het meer as 88 miljoen inwoners.a

Gedurende die afgelope twee diensjare het die Nigeriese takkantoor van die Wagtoringgenootskap spesiale aandag aan die jongmense geskenk. ’n Opname onder die gemeentes van Jehovah se Getuies het getoon dat 80 persent van diegene wat gedurende 1992 in Nigerië met die verkondiging van die goeie nuus begin het tussen die ouderdom van 10 en 20 was. Drie-en-sestig persent van diegene wat gedurende die jaar gedoop is, was in daardie ouderdomsgroep.

Jongmense reik uit na die pionierdiens

Talle jongmense betree die voltydse predikingswerk as pioniers. ’n Pionier met die naam Hannah sê: “Net voordat ek my skoolloopbaan voltooi het, het ek diegene wat die Pionierdiensskool bygewoon het, besoek waar ek twee bejaarde susters ontmoet het. Ek het toe gedink: ‘As hulle twee kan pionier, waarom kan ek nie?’

“Nadat ek my skoolloopbaan voltooi het, het ek dus ’n pionier geword. Drie maande later het ek die 26-jarige Josephine, ’n fetisjaanbidder, ontmoet. Sy het gesê: ‘Julle Jehovah se Getuies is slegte mense. Julle vier nie Kersfees nie en gebruik nie gelukbringers nie.’ Ek het vir haar gesê as sy my sal toelaat om die Bybel met haar te studeer, sal sy uitvind waarom ons nie hierdie dinge doen nie. Sy het my genooi om terug te kom. Sy het weldra vergaderinge begin bywoon en baie veranderinge in haar lewe gemaak. In Desember 1990 is sy gedoop. Josephine is sedert Augustus 1991 ’n pionier. Toe sy die Pionierdiensskool verlede jaar bygewoon het, het sy my as haar geestelike ma aan haar klasmaats voorgestel!”

Die video en die Koninkryksaal

Een van die Genootskap se video’s het ’n klein gemeentetjie gehelp om grond vir ’n Koninkryksaal te bekom. Vier broers het die Onojie, die gebied se tradisionele heerser, besoek omdat hulle grond wou koop. Hy het hulle ’n stuk grond vir 20 000 naira (R3 500) aangebied. Die gemeente kon dit nie bekostig nie, aangesien daar net 17 verkondigers was om vir die projek te betaal. Die Onojie het gesê dat hy oor ’n ander stuk grond sou dink.

’n Paar maande later het een van die gemeentelike ouere manne die Onojie by sy huis besoek. Die Onojie het na ’n video oor sy kroning gekyk. Die ouere man het gesê: “Ek het ’n video waarna ek wil hê u moet kyk. Die video se naam is Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name.”

Later het die ouere man gevra wat die Onojie van die video gedink het. “Ek het vyf keer daarna gekyk”, het die Onojie gesê. Die ouere man het die Onojie aan die Koninkryksale herinner wat hy in die video gesien het en verduidelik dat die plaaslike gemeente iets soortgelyks wou bou. Hy het toe gevra of die gemeente van die grond kon koop wat aan ’n klein stukkie grond grens wat reeds aan hulle behoort het. Die Onojie het gesê: “Nadat ek gisteraand na die video gekyk het, het ek aan dieselfde ding gedink.” Toe het hy ’n stuk grond van ses meter langs die gemeente se eiendom afgemeet. “Julle kan dit kry”, het hy gesê. “In die lengte kan julle soveel kry as wat julle nodig het. Kry die dokumente gereed, en ek sal dit teken.”

[Voetnoot]

a Sien Jehovah se Getuies se kalender vir 1994 vir bykomende inligting.

[Venster op bladsy 9]

OORSIG

1993-diensjaar

VERKONDIGERHOOGTEPUNT: 174 582

VERHOUDING: 1 Getuie vir elke 507

GEDENKMAALOPKOMS: 473 245

GEMIDDELDE PIONIERVERKONDIGERS: 19 777

GEMIDDELDE BYBELSTUDIES: 242 028

AANTAL GEDOOP: 8 888

AANTAL GEMEENTES: 3 289

TAKKANTOOR: BENINSTAD, EDO-DISTRIK

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel