Watter toekoms is daar vir ons jongmense?
DIE kernbedreiging—hetsy weens terroriste se bomme of weens ongelukke by kernaanlegte—raak almal. Jy het inderdaad rede om veral oor jongmense, met inbegrip van jou eie kinders of kleinkinders, bekommerd te wees. Hoe droewig is die wete tog dat ’n kernbedreiging die gesondheid en toekoms van enige kind in gevaar stel.
Maar skep moed. Jy het rede om optimisties oor jongmense se toekoms te wees. Die grondslag vir hoop berus nie op mensepogings om ons jongmense te beskerm nie, maar op ’n toekoms wat van ons Skepper afhang.
Toe God se Seun, Jesus, in die Midde-Ooste onderrig het, het hy getoon dat hy oor jongmense besorg is (Markus 9:36, 37, 42; 10:13-16). Die Bybel toon dat soortgelyke besorgdheid geopenbaar sal word wanneer God uiteindelik ’n einde aan die kernbedreiging maak en ’n wêreldwye paradys tot stand bring. Ons jongmense kan dit geniet, en jy kan ook.
As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 2.