Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 3/15 bl. 24-25
  • Sy hartsbegeerte is verwesenlik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sy hartsbegeerte is verwesenlik
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Messiaanse profesieë gee hoop
  • Nog steeds geen Messias nie!
  • ’n Vroom man
  • Simeon se profetiese woorde
  • Simeon se woorde aan Maria
  • Simeon pas Messiaanse profesieë toe
  • Die kind van die belofte
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die kind wat belowe is
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die kind van die belofte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Bejaardes – Julle is waardevol vir die gemeente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 3/15 bl. 24-25

Sy hartsbegeerte is verwesenlik

IS DIT jou hartsbegeerte om te sien hoe die Messiaanse Koninkryk oor die hele aarde regeer? Indien wel, smag jy na en bid jy om die beloofde aardse seëninge onder daardie hemelse Koninkryk. Wees dan geduldig, want “’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom”.—Spreuke 13:12; Jakobus 5:7, 8.

Byna 2 000 jaar gelede het die ‘regverdige en vroom’ man Simeon in Jerusalem gewoon. Hy het geloof gehad in die Messiaanse profesieë en het geduldig op ‘die vertroosting van Israel gewag’.—Lukas 2:25.

Messiaanse profesieë gee hoop

Jehovah was verantwoordelik vir die eerste Messiaanse profesie—’n profesie wat aan die sondige en sterwende mensdom hoop gegee het. God het die koms van die Saad van sy “vrou”, of universele organisasie, voorspel.—Genesis 3:15.

Daardie Een is as Abraham se saad geïdentifiseer, en Jakob het sy koms voorspel (Genesis 22:17, 18; 49:10). Die heerlikheid van die Messiaanse Koninkryk is in die psalms beskryf (Psalm 72:1-20). Jesaja het voorspel dat die Saad uit ’n maagd gebore sou word, en Miga het voorspel dat hy in Betlehem gebore sou word (Jesaja 7:14; Miga 5:1). Dit is net ’n paar van die talle Messiaanse profesieë.

Nog steeds geen Messias nie!

Dink aan die verlede en stel jou voor dat die eerste eeu G.J. nader kom. God se oorspronklike Messiaanse profesie is nou 4 000 jaar oud. Die Jode het die vernietiging van Jehovah se tempel, die verwoesting van hulle tuisland, 70 jaar van ballingskap in Babilon en ’n verdere 500 jaar van onderworpenheid aan heidense heersers ondervind. En nog steeds is daar geen Messias nie!

Hoe het godvresende Jode tog na die koms van die Messias gesmag! Seëninge sou van hom na hulle en na al die nasies vloei.

’n Vroom man

Een van die vroom Jode wat smag na en bid vir die koms van die Messias is Simeon, ’n getroue bejaarde kneg van Jehovah wat in Judea se hoofstad woon. Iets besonders het met Simeon gebeur.

God het sy heilige gees op Simeon geplaas en hom met ’n openbaring beloon. Simeon sal die dood nie sien voordat hy die Een gesien het wat die Messias sal wees nie. Maar dae en maande gaan verby. Simeon word oud en sal heel waarskynlik nie veel langer lewe nie. Sal God se belofte aan hom nagekom word?

Eendag (in 2 v.G.J.) kom ’n jong egpaar met ’n baba van Betlehem af na die tempel toe. Die heilige gees openbaar aan Simeon dat dit die langverwagte dag is. Hy gaan na die tempel toe, waar hy die Een sal sien van wie die profete geskryf het. Hy loop so vinnig as wat sy bejaarde liggaam hom toelaat en sien vir Josef, Maria en die kind.

Met watter vreugde neem Simeon tog die kindjie Jesus in sy arms! Hierdie Een sal die beloofde Messias—“die Christus van Jehovah”—wees (vgl. NW). Op so ’n hoë ouderdom kan Simeon nie verwag om te sien hoe Jesus Sy aardse opdrag uitvoer nie. Tog is dit wonderlik om hom as ’n baba te sien. Messiaanse profesieë begin nou in vervulling gaan. Hoe bly is Simeon tog! Nou sal hy tevrede wees om in die dood te slaap totdat die opstanding plaasvind.—Lukas 2:25-28.

Simeon se profetiese woorde

Simeon verhef nou sy stem tot lof van Jehovah en ons hoor hom sê: “Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke—’n lig tot verligting [“om die sluier te verwyder”, NW] van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.” Jesus se pleegvader, Josef, en Sy moeder, Maria, verwonder hulle oor hierdie woorde.—Lukas 2:29-33.

Simeon se gesig straal wanneer hy Josef en Maria seën en hulle blykbaar Jehovah se seën toewens met die nakoming van hulle verantwoordelikhede teenoor die kind. Dan kry die bejaarde man ’n ernstige uitdrukking op sy gesig. Hy rig hom nou net tot Maria en voeg by: “Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ’n val en ’n opstanding van baie in Israel en tot ’n teken wat weerspreek sal word—ja, ’n swaard sal deur jou eie siel gaan—sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.”—Lukas 2:34, 35.

Simeon se woorde aan Maria

Dink net hoe Maria moes gevoel het. Wat het Simeon bedoel? Party sou Christus aanneem en uit hulle reeds vervalle toestand opgehef word. Maar ander sou hom verwerp, oor hom struikel en tot ’n val kom. Soos voorspel is, was Jesus ’n rots waaroor baie Jode gestruikel het (Jesaja 8:14; 28:16). Simeon se woorde dui nie aan dat individuele Israeliete eers in ongeloof sou val en dan in geloof sou opstaan deur Jesus aan te neem nie. Nee, verskillende mense sou op verskillende maniere teenoor Jesus reageer en die gedagtes uit baie harte sou geopenbaar word en sou óf God se gunstige óf sy ongunstige oordeel oor hulle bring. Vir ongelowiges sou hy ’n teken, of ’n voorwerp van veragting, wees. Ander sou, deur geloof in hom te stel, uit hulle dooie toestand weens sonde opgehef word en sou uiteindelik ’n regverdige posisie voor God geniet. Mense se optrede teenoor die Messias sou toon wat in hulle hart is.

Wat van Simeon se woorde: “’n Swaard sal deur jou eie siel gaan”? Daar is geen aanduiding in die Skrif dat Maria met ’n letterlike swaard deurboor is nie. Maar die feit dat die meeste mense Jesus sou verwerp, sou vir haar smart veroorsaak. En hoe pynlik was dit tog vir Maria om te sien hoe Jesus aan ’n paal genael word! Dit was soos ’n swaard wat deur haar gegaan het.

Simeon pas Messiaanse profesieë toe

God se gees het Simeon beweeg om Messiaanse profesieë op Jesus toe te pas. Simeon kon nou in vrede, of kalmte, sterf ‘omdat sy oë God se heil gesien het, wat Hy berei het voor die oë van al die volke—’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van sy volk Israel’ (Lukas 2:30-32). Hoe duidelik was die verband met Jesaja se profetiese woorde tog!

Daardie profeet het voorspel: “Die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien.” “Ek [Jehovah] het U [die Messias] gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde” (Jesaja 40:5; 42:6; 49:6; 52:10). Die Christelike Griekse Geskrifte en fisiese feite het sedertdien bewys dat die Messias, Jesus Christus, die ware lig van die nasies is, die Een wat die sluier van geestelike duisternis sal verwyder en heil, oftewel redding, aan die mense sal bring.

God se Woord sê niks verder oor die bejaarde Simeon nie. Hy is blykbaar dood voordat Christus die weg tot hemelse lewe oopgestel het. Simeon sal dus in die nabye toekoms tot lewe op die aarde opgewek word. Watter vreugde kan hy—en jy—tog in die nuwe wêreld onder God se Messiaanse Koninkryk smaak!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel