Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 1/1 bl. 3-4
  • Wanneer die Ooste en die Weste ontmoet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer die Ooste en die Weste ontmoet
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Van die ooste af en van die weste af’
  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Reageer nou op die „teken”!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • ’n Groot menigte ware aanbidders—Waar kom hulle vandaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Christus as Koning oordeel die skape en die bokke
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 1/1 bl. 3-4

Wanneer die Ooste en die Weste ontmoet

“JA, OOS is Oos, en Wes is Wes, en nooit sal die twee ontmoet.” Hierdie woorde van die Britse digter Rudyard Kipling herinner ons aan die diepliggende kulturele verskille wat die mensdom verdeel en bydra tot die haat tussen stamme, rasse en nasies wat vandag oral om ons opvlam. Baie vra: Kan God nie iets omtrent hierdie situasie doen nie? Ja, hy kan! En hy doen nou reeds iets! Die volgende reël in Kipling se gedig het daarna verwys. Hoe lank sou die Ooste en die Weste verdeeld wees? Die digter het gesê: “Tot Aard en Hemel aanstons voor Gods groot Regterstoel staan.”

God het die verantwoordelikheid om te oordeel aan sy Seun, Jesus Christus, opgedra (Johannes 5:22-24, 30). Maar wanneer begin daardie oordeelstydperk? Wie word geoordeel, en wat sal die uitkoms wees? Dit was Jesus wat die wêreldoorloë en die gepaardgaande ellendes wat die mensdom in 1914 begin teister het in ’n profesie beskryf het. Hy het gesê dat hierdie gebeure “die teken” van sy onsigbare “teenwoordigheid en van die voleinding van die stelsel van dinge” sou kenmerk.—Mattheüs 24:3-8, NW.

Aan die einde van hierdie belangrike profesie identifiseer Jesus ons tyd as ’n tyd van oordeel en sê hy aangaande homself: “Wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.” Al die volke van die aarde is nou in figuurlike sin voor die Regter versamel en moet verantwoording doen vir hulle reaksie op sy reddingsboodskap. Wanneer die oordeel binnekort tydens die groot verdrukking voltrek word, sal die ongehoorsame bokagtiges “weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges [die gehoorsame skaapgeaardes] in die ewige lewe”.—Mattheüs 25:31-33, 46; Openbaring 16:14-16.

‘Van die ooste af en van die weste af’

Die oordeel van hierdie wêreld het in werklikheid al gedurende die onstuimige jare van die Eerste Wêreldoorlog begin. Die Christendom se geestelikes het die strydende partye destyds heelhartig ondersteun. Dit het hulle as deel van die verdorwe wêreld geïdentifiseer wat “die toorn van God” verdien (Johannes 3:36). Maar wat van die vredeliewende Christene wat geloof in God beoefen het? Van die jaar 1919 af is daar begin om diegene te versamel wat hulle aan die kant van die Koning, Christus Jesus, skaar.

Hulle het uit alle wêrelddele gekom—eers die oorblyfsel van die 144 000 gesalfdes, wat regdeur die eeue van die Christenera versamel is. Hulle sal “mede-erfgename van Christus” in sy hemelse Koninkryk wees (Romeine 8:17). Aan hierdie persone sê God se profeet: “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.”—Jesaja 43:5-7.

Maar dit is nie al nie! Veral van die dertigerjare af is daar begin om ’n groot menigte te versamel wat nou reeds miljoene tel. Hulle is “die skape” waarvan Jesus in Mattheüs 25:31-46 gepraat het. Soos die gesalfde oorblyfsel voor hulle, het hulle “geloof” opgebou in die Een wat sê: ‘Julle is my getuies, en ek is God’ (Jesaja 43:10-12, NW). Hierdie groot menigte word ook ‘van die ooste en die weste, van die noorde en die suide en van die einde van die aarde af’ versamel.

Hierdie vredeliewende skape word tot een internasionale broederskap saamgesmee. Hulle praat die groot verskeidenheid tale van die 231 lande waarin hulle woon. Tog is hulle in geestelike sin daarin verenig om die “suiwer taal” van die Bybel se Koninkryksboodskap te leer “sodat hulle almal die naam van Jehovah [kan] aanroep ten einde hom skouer aan skouer te dien” (Sefanja 3:9, NW). Hulle eenheid ten opsigte van geloof, doel en optrede lewer wonderbaarlike bewys dat die Ooste en die Weste, sowel as mense in alle ander dele van die wêreld, inderdaad ontmoet het ten einde die Soewereine Heer Jehovah te dien en te loof.

In party lande vind hierdie insameling onder die merkwaardigste omstandighede plaas, soos die volgende verslae sal toon.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel