Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 11/15 bl. 11
  • Brittanje se ywerige Christene

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Brittanje se ywerige Christene
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Anglikaanse Kerk—’n verdeelde huis
    Ontwaak!—2001
  • Wie sal die evangelie in Brittanje verkondig?
    Ontwaak!—1995
  • Deel 5—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Waarom preek Jehovah se Getuies van huis tot huis?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 11/15 bl. 11

Brittanje se ywerige Christene

Minder as 10 persent van Brittanje se 56 miljoen mense is tans ywerige Christene, sê The Economist. Op ’n tipiese Sondag woon minder as viermiljoen mense kerkdienste by. Net 1,1 miljoen van hulle is Anglikane. Maar ondanks die feit dat baie mense agnosties is, beklee die Anglikaanse Kerk steeds sy gevestigde posisie as die Staatsgodsdiens. “Brittanje is al jare lank nie meer ’n Christengemeenskap nie, maar hoofsaaklik vanweë nostalgie weier hulle om te erken dat agnostisisme hoogty vier”, sê dieselfde tydskrif. Dit is geen wonder nie dat hedendaagse politici en koerante daarop aandring dat staatsteun aan die Kerk onttrek word, wat die bande tussen Kerk en Staat sal verbreek.

“’n Wêreld wat in wese sekulêr is, maar voorgee dat hy Christelik is, is die ergste soort wêreld”, het Walter Bagehot, die 19de-eeuse redakteur van The Economist, gesê. Maar in die eerste eeu G.J. het Jesus Christus gesê dat sy dissipels ‘geen deel van die wêreld is nie, net soos hy geen deel van die wêreld was nie’ (Johannes 17:16, NW). Maar hy het hulle in die wêreld ingestuur om God se Koninkryk te verkondig. Jehovah se Getuies is vandag eweneens wêreldwyd daarvoor bekend dat hulle ywerig “in die openbaar en van huis tot huis” preek.—Handelinge 20:20, NW.

In vergelyking met die Anglikane is die 126 173 Getuies in Brittanje maar ’n klein groepie. Tog wy hulle ongeveer 20 uur per maand aan die bywoning van hulle Christelike vergaderinge. Daarbenewens het elke Getuie gedurende 1992 ’n gemiddelde van nog 16 uur per maand daaraan bestee om die goeie nuus van God se Koninkryk, ’n regering wat binnekort ’n regverdige nuwe wêreld teweeg gaan bring, aan ander te verkondig (Mattheüs 24:14; 2 Petrus 3:13). Wanneer Jehovah se Getuies jou weer tuis besoek, kan jy gerus na hulle besondere boodskap luister en uitvind waarom hulle so ywerig is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel