Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 8/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • God se verbond met Abraham
    Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Jehovah het hom “my vriend” genoem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Abraham—’n Man van liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • “Maak julle harte standvastig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 8/15 bl. 31

Onthou jy?

Was die onlangse nommers van Die Wagtoring vir jou van praktiese waarde? Toets dan gerus jou geheue met die volgende vrae:

▫ Wat moet ons doen as enige onsedelike gedagtes ongevraagd by ons opkom?

Ons moet ons gedagtes in ’n ander rigting stuur, ’n ent gaan stap, iets lees of die een of ander huishoudelike takie doen. Gebed is ook ’n kragtige hulpmiddel in so ’n situasie (Psalm 62:9).—4/15, bladsy 17.

▫ Waarom moet jongmense versigtig wees in hulle keuse van musiek?

Musiek het die mag om gevoelens op te wek, te bekoor en te beïnvloed. Aangesien talle van die gewilde liedjies verbasend baie seksuele insinuasies en bedekte verwysings na onsedelikheid bevat, is dit maklik om te verstaan dat groot sorg uitgeoefen moet word in die keuse van plate, bandopnames en laserplate.—4/15, bladsy 20-1.

▫ Wat beteken die uitdrukking “die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus”? (1 Thessalonicense 5:23).

Dit verwys na die onsigbare vorstelike teenwoordigheid van die Here Jesus Christus as Koning vanaf 1914 en ná sy troonbestyging in die hemel (Psalm 110:1, 2, NW).—5/1, bladsy 11.

▫ Waarom het Jehovah sy geestelike tempel gereinig? (Maleagi 3:1-4).

Jehovah wou sy tempel in ’n rein toestand hê sodat wanneer die groot getalle aanbidders met ’n aardse hoop daarheen gebring word, hulle ’n plek sou vind waar sy universele soewereiniteit geëerbiedig word, waar sy Goddelike naam geheilig word en waar sy regverdige wette gehoorsaam word.—5/1, bladsy 16.

▫ Wat is die “besittings” wat Christus Jesus aan sy aangestelde slaaf gee? (Mattheüs 24:45-47, vgl. NW).

Hierdie “besittings” verwys na al die geestelike dinge op aarde wat Christus se eiendom geword het ingevolge sy gesag as hemelse Koning. Dit sluit die opdrag in om uit mense van alle nasies dissipels van Christus te maak (Mattheüs 28:19).—5/1, bladsy 17.

▫ Hoe openbaar Christen- ouere manne ‘gewilligheid’ in die herderswerk, volgens Petrus se aansporing in 1 Petrus 5:2?

’n Christen- ouere man wat na die skape omsien, sal sy herderswerk gewilliglik doen, uit sy eie, onder die leiding van die Goeie Herder, Jesus Christus. Om gewilliglik te dien, beteken ook dat ’n Christenherder hom aan Jehovah se gesag onderwerp en respek vir die teokratiese reëling toon.—5/15, bladsy 20.

▫ Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat enigeen wat hom volg ‘homself moet verloën’? (Mattheüs 16:24, NW).

‘Om jouself te verloën’, beteken dat jy eienaarskap van jouself aan Jehovah oorgee (1 Korinthiërs 6:19, 20). Dit beteken dat jy lewe, nie vir jouself nie, maar om God te behaag (Romeine 14:8).—6/1, bladsy 9.

▫ Wat is nodig om ’n persoon gelukkig te maak?

Om ’n goeie verhouding met Jehovah te geniet en besig in sy diens te bly, bring ware geluk in ’n mens se lewe.—6/1, bladsy 22.

▫ Waarom het Jehovah Abraham sulke vrymoedigheid van spraak toegelaat aangaande Sy voorneme om Sodom te vernietig? (Genesis 18:22-32, NW).

Een rede is dat Abraham God se vriend was (Jakobus 2:23). Jehovah het ook geweet hoe ontsteld Abraham was. God het geweet dat Abraham se neef Lot in Sodom woon en dat Abraham baie bekommerd is oor Lot se veiligheid. Om hierdie redes was Jehovah gewillig om Abraham se vrae te beantwoord aangaande Sy voorneme om Sodom te vernietig.—6/15, bladsy 16.

▫ Het die Protestantse Hervorming van die 16de eeu ’n terugkeer tot die ware Christelike godsdiens beteken?

Nee, dit het nie! Pleks van ’n terugkeer tot die ware Christelike godsdiens mee te bring, het die Hervorming aanleiding gegee tot ’n menigte nasionale of territoriale kerke wat witvoetjie gesoek het by die politieke state en hulle ywerig in hulle oorloë ondersteun het.—7/1, bladsy 10-11.

▫ Wat is die “skatte . . . in die hemel” waarvan Jesus in Mattheüs 6:20 gepraat het?

Dit is skatte wat nooit vergaan nie, onder andere ’n goeie naam by Jehovah en jarelange getroue Christelike diens. Dit is van die dinge wat Jehovah nooit vergeet nie (Hebreërs 6:10).—7/1, bladsy 32.

▫ Watter eienskappe noem Petrus as noodsaaklike aspekte van ons geloof? (2 Petrus 1:5-7, NW).

Petrus het gesê dat deug, kennis, selfbeheersing, volharding, godvrugtige toegewydheid, broederlike geneentheid en liefde by ons geloof gevoeg moet word.—7/15, bladsy 13.

▫ Watter waarskuwing vir God se knegte bevat die verslag van Dawid se sonde met Batseba? (2 Samuel 11:2-4).

Hoewel Dawid vry was om seksuele omgang in sy eie huwelik te geniet, het hy toegelaat dat ’n ongeoorloofde seksuele begeerte in hom groei. Toe hy sien hoe mooi Uria se vrou is, het hy vrye teuels gegee aan sy gedagtes—en optrede—deur ongeoorloofde omgang met haar te hê. Dieselfde kan met enigeen van God se knegte gebeur wat nie hierdie vorm van hebsug vermy nie (Jakobus 1:14, 15).—8/1, bladsy 14.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel