Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 6/15 bl. 19
  • Sy het vir haar geloof gestry

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sy het vir haar geloof gestry
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ek het die geloof behou”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Jongmense met “krag wat die normale te bowe gaan”
    Ontwaak!—1994
  • Nie towenaars óf gode nie
    Ontwaak!—1994
  • “Moet nooit sê dis onmoontlik nie!”
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 6/15 bl. 19

Sy het vir haar geloof gestry

DRIE jaar gelede moes Caridad Bazán Listán, een van Jehovah se Getuies in Cádiz, Spanje, dringend ’n operasie ondergaan. Galstene het haar koors opgejaag en haar bloedstroom vergiftig. Toe sy in die plaaslike hospitaal opgeneem is, het sy haar Bybelse standpunt verduidelik dat sy weier om ’n bloedoortapping te aanvaar. Die dokters het ingestem om die operasie sonder bloed te doen. Net voordat sy in die operasiesaal ingeneem is, het die dokters haar egter gevra om ’n dokument te teken. Dit het gesê dat hulle bereid is om haar besluit aangaande bloed te respekteer, maar dat hulle haar toestemming wil hê om enige behandeling te gebruik wat hulle dalk nodig sou ag indien ’n krisis sou ontstaan.

’n Gemeentelike ouere man wat by die hospitaal was en Caridad se seun, ook ’n Getuie, het aan Caridad verduidelik wat die implikasies sou wees as sy so ’n vorm sou teken. Haar handtekening sou die dokters toestemming gee om haar in ’n noodgeval ’n bloedoortapping te gee. Toe mediese personeellede kom om haar operasiesaal toe te neem, het sy verduidelik dat sy nie die vorm gaan teken nie. Sy is dadelik na haar kamer teruggeneem, en groot druk is op haar uitgeoefen om haar van besluit te laat verander.

Ná etlike gesprekke het hulle besluit om die regter in te roep sodat hy haar kon ompraat, maar dit het nie gewerk nie. Caridad het verduidelik dat sy voel sy voor God skuldig sal wees as sy hulle sou toelaat om haar bloed te gee. Sy het daarop gewys dat ’n vrou onder die Mosaïese Wet as onskuldig beskou is as sy, indien sy verkrag is, teëstand gebied het deur om hulp te roep (Deuteronomium 22:23-27). “Die dokters verontagsaam my wense en probeer my oorreed om my gewete te skend”, het sy gesê, “daarom moet ek teëstand bied asof hulle my verkrag.”

Etlike ure het verbygegaan, en uiteindelik het die dokters ingestem om haar sonder bloed te opereer. In die operasiesaal het Caridad toestemming gevra om tot Jehovah te bid. Sy het dit gedoen, en die operasie was ’n sukses.

Caridad se toestand het nietemin daarna versleg, en die dokters het besluit om haar wense te verontagsaam en ’n bloedoortapping aan haar op te dwing. Gevolglik het ’n dokter en ’n verpleegster voorbereidsels getref om haar ’n oortapping te gee. Ten spyte van haar swak toestand het Caridad met al haar mag teëstand gebied. Sy het selfs die pypie stukkend gebyt waardeur die bloed sou vloei. Uiteindelik het die dokter so skaam gekry oor wat hulle besig was om te doen dat hy opgehou het. “Ek kan nie hiermee voortgaan nie. Ek gooi nou tou op!” het hy gesê.

Caridad het die krisis oorleef en sonder verdere komplikasies herstel. Die dokters sowel as die verpleegsters kon nie anders as om diep beïndruk te wees deur haar geloof en moed nie. Dit alles het gebeur toe Caridad 94 was.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel