Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 6/1 bl. 3-4
  • Hoe akkuraat is Bybelgeskiedenis?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe akkuraat is Bybelgeskiedenis?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bewyse van akkuraatheid
  • Lukas se seereis
  • Hulle het “moedig gepreek omdat Jehovah hulle die gesag gegee het”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • ’n Besielende voorbeeld van Christelike sendingwerk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • “Nie een van julle sal doodgaan nie”
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • “My geliefde en getroue kind in die Here”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 6/1 bl. 3-4

Hoe akkuraat is Bybelgeskiedenis?

“EK PRAAT die waarheid, ek lieg nie”, het ’n Bybelskrywer aan sy jong vriend gesê (1 Timotheüs 2:7, NAV). Sulke uitdrukkings in Paulus se briewe bied ’n uitdaging vir Bybelkritici.a Meer as 1 900 jaar het verloop sedert Paulus se briewe geskryf is. Ná al hierdie tyd het niemand met ’n enkele onakkuraatheid in sy briewe vorendag gekom en dit met welslae bewys nie.

Die Bybelskrywer Lukas was ook besorgd oor akkuraatheid. Hy het ’n verslag oor Jesus se lewe en bediening geskryf wat gevolg is deur sy verslag wat Die Handelinge van die Apostels genoem word. “Ek [het] van voor af alles noukeurig ondersoek”, het Lukas geskryf.—Lukas 1:3.

Bewyse van akkuraatheid

Bybelkritici van die vroeë 19de eeu het Lukas se akkuraatheid as ’n geskiedskrywer in twyfel getrek. Wat meer is, hulle het beweer dat die geskiedenis in Handelinge in die middel van die tweede eeu G.J. versin is. Die Britse argeoloog sir William Mitchell Ramsay was een persoon wat dit geglo het. Maar nadat hy die name en plekke nagegaan het wat Lukas gemeld het, het hy erken: “Ek het geleidelik tot die besef gekom dat die vertelling in verskeie besonderhede merkwaardig akkuraat is.”

Toe sir Ramsay die woorde hierbo geskryf het, was ’n geskil oor Lukas se akkuraatheid nog onbesleg. Dit was in verband met die nou verwante stede Ikonium, Listre en Derbe. Lukas het te kenne gegee dat Ikonium van Listre en Derbe verskil het deur laasgenoemde as “stede van Likaonië” te beskryf (Handelinge 14:6). Tog, soos die meegaande kaart toon, was Listre nader aan Ikonium as aan Derbe. Party antieke geskiedskrywers het Ikonium as ’n deel van Likaonië beskryf; gevolglik het kritici Lukas se akkuraatheid betwis omdat hy dit nie gedoen het nie.

Toe, in 1910, het sir Ramsay ’n monument in die ruïnes van Ikonium ontdek wat toon dat die taal van daardie stad Frigies was en nie Likaonies nie. “Talle ander inskripsies uit Ikonium en sy omstreke staaf die feit dat die stad as Frigies beskryf kon word op grond van die bevolking se afkoms”, sê dr. Merrill Unger in sy boek Archaeology and the New Testament. Die kultuur van die Ikonium van Paulus se dag was inderdaad Frigies en het verskil van “die stede van Likaonië” waar mense “in Likaonies” gepraat het.—Handelinge 14:6, 11.

Bybelkritici het ook Lukas se gebruik van die woord “politarge” vir die heersers van die stad Thessalonika bevraagteken (Handelinge 17:6, voetnoot, NW). In die Griekse letterkunde was hierdie uitdrukking onbekend. Toe is ’n boog in die antieke stad gevind wat die name bevat het van stadsheersers wat as “politarge” beskryf is—die presiese woord wat deur Lukas gebruik is. “Lukas se akkuraatheid is deur die gebruik van die term bevestig”, verduidelik W. E. Vine in sy Expository Dictionary of Old and New Testament Words.

Lukas se seereis

Seevaartdeskundiges het die besonderhede bestudeer van die skipbreuk wat in Handelinge hoofstuk 27 beskryf word. Volgens Lukas is die groot skip waarop hy en Paulus geseil het naby die eilandjie Clauda deur ’n noordoostelike stormwind oorval en die matrose het gevrees dat hulle naby die noordkus van Afrika op gevaarlike sandbanke sou loop (Handelinge 27:14, 17, voetnoot, NW). Deur behendige seemanskap kon hulle die vaartuig in ’n westelike rigting weg van Afrika stuur. Die stormwind het voortgewoed, en uiteindelik het die skip naby die eiland Malta gestrand nadat dit ’n afstand van ongeveer 870 kilometer afgelê het. Seevaartdeskundiges het uitgewerk dat dit ’n groot skip wat in ’n stormwind seil meer as 13 dae sou neem om so ver gedryf te word. Hulle berekeninge stem ooreen met Lukas se verslag wat sê dat die skipbreuk op die 14de dag plaasgevind het (Handelinge 27:27, 33, 39, 41). Nadat die seiljagvaarder James Smith al die besonderhede van Lukas se seereis nagegaan het, het hy tot dié gevolgtrekking gekom: “Dit is ’n vertelling van ware gebeure wat deur iemand geskryf is wat persoonlik daarby betrokke was . . . Geen man wat nie ’n seeman was nie, kon ’n vertelling van ’n seereis geskryf het wat in al sy dele so konsekwent is, tensy hy dit self waargeneem het.”

Vanweë sulke bevindinge is party teoloë bereid om die Christelike Griekse Geskrifte as akkurate geskiedenis te verdedig. Maar wat van die vroeëre geskiedenis wat in die Hebreeuse Geskrifte gevind word? Baie geestelikes swig voor hedendaagse filosofie en sê dat dit mites bevat. ’n Aantal besonderhede oor die Bybel se vroeëre geskiedenis is egter ook waar bewys en het die kritici in die verleentheid gestel. Kom ons kyk byvoorbeeld na die ontdekking van die eens vergete Assiriese Ryk.

[Voetnoot]

a Sien ook Romeine 9:1; 2 Korinthiërs 11:31; Galasiërs 1:20.

[Kaart op bladsy 3]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

FRIGIË

LIKAONIË

Ikonium

Listre

Derbe

MIDDELLANDSE SEE

CIPRUS

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel