Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 4/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die betekenis van jou doop
    Aanbid die enigste ware God
  • Christene aanbid met gees en waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Gerisim—‘Op hierdie berg het ons aanbid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Wandel met ’n verenigde hart
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 4/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy goed nagedink oor onlangse nommers van Die Wagtoring? Indien wel, sal jy dit waarskynlik interessant vind om die volgende te onthou:

▫ Wat is die “teken ten goede” wat Jehovah doen aan Jesus se volgelinge wat sy voetspore volg? (Psalm 86:17).

Dit was “die blydskap van die Heilige Gees” wat vroeë Christene versterk het om te volhard onder die verskeie vorme van vervolging wat hulle ondergaan het (1 Thessalonicense 1:6). Dit is vandag ook die geval, en Jehovah, die Gewer van “elke goeie gif en elke volmaakte gawe”, is bly om “Heilige Gees [te] gee aan die wat Hom bid” (Jakobus 1:17; Lukas 11:13). Dit is gevolglik die blydskap van die Heilige Gees wat aan Jesus se volgelinge “’n teken ten goede” doen.—12/15, bladsye 18-19.

▫ Waarom is dit belangrik dat ons God se beskouing van leuens aanvaar?

Psalm 5:7 sê dat God ‘die leuensprekers sal laat omkom’. Openbaring 21:8 sê ook dat die deel van al die leuenaars “die tweede dood” is. As ons God se beskouing van leuens aanvaar, het ons dus goeie rede om die waarheid te praat en sodoende sy gawe van die lewe te ontvang.—12/15, bladsy 23.

▫ Waaruit het die Samaritaanse vorm van aanbidding bestaan? (Johannes 4:20).

Die Samaritane het, in hulle gemengde aanbidding, net die eerste vyf boeke van Moses, die Pentateug, as die Skrif aanvaar. Ongeveer die vierde eeu v.G.J. het hulle ’n tempel op die berg Gerisim gebou in mededinging met God se tempel in Jerusalem. Hoewel die Samaritane se tempel vernietig is, vier hulle tot vandag toe ’n jaarlikse Pasga op Gerisim.—1/1, bladsy 25.

▫ Moet Christene maatreëls teen besoedeling of opruimingsmaatreëls bevorder?

Toe Jesus op die aarde was, het hy nie al die maatskaplike probleme van sy dag probeer oplos nie. Wanneer Jehovah deur middel van sy Messiaanse Koninkryk sy regverdige beginsels op ’n wêreldwye skaal uitoefen, sal omgewingsprobleme vir ewig opgelos word. Jehovah se Getuies huldig dus ’n gebalanseerde standpunt. Liefde vir hulle naaste spoor hulle aan om respek te toon vir die eiendom van ander, maar hulle stel met reg die verkondiging van God se Koninkryk eerste (Mattheüs 6:33).—1/1, bladsy 31.

▫ Op watter maniere het Jesus as ’n ligdraer gedien? (Johannes 8:12).

Jesus het hom daaraan gewy om die goeie nuus van die Koninkryk van God te verkondig (Lukas 4:43; Johannes 18:37). Hy het ook godsdiensleuens blootgelê en sodoende geestelike vryheid voorsien aan diegene wat in godsdiensslawerny verkeer het (Mattheüs 15:3-9). Hy het op ’n besondere manier bewys dat hy die lig van die wêreld is deur sy volmaakte menselewe as ’n losprys af te lê (Mattheüs 20:28; Johannes 3:16).—1/15, bladsy 10-11.

▫ Wat is party van die redes waarom ons onderworpenheid aan Jehovah God verskuldig is?

Jehovah is die Universele Soewerein, en daarom is ons onderworpenheid aan hom verskuldig. Aangesien Jehovah almagtig is, kan niemand hom buitendien met welslae teëstaan nie; ons kan dus nie ons onderworpenheid aan hom ignoreer nie. Alle intelligente skepsele is geskep om aan die doel van hulle Maker te beantwoord, en dit stel almal onder die verpligting om hulle in alle aspekte aan God te onderwerp.—2/1, bladsye 10-11.

▫ Wat het Josef gehelp om nie hoerery te pleeg met Potifar se vrou nie?

Josef het ’n sterk krag gehad wat sy denke aangedryf het. Hy was bewus van sy verhouding met Jehovah en het besef dat hoerery nie net ’n sonde teen haar man sou wees nie, maar nog belangriker, teen God.—2/15, bladsy 21.

▫ Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het: “Ek is . . . die waarheid”? (Johannes 14:6).

Jesus het nie net die waarheid gepraat en geleer nie; hy het dit uitgeleef en verpersoonlik. Die Christelike geloof is gevolglik nie net ’n begrip nie; dit is ’n lewenswyse.—3/1, bladsy 15.

▫ Watter bemoedigende les bevat Psalm 51?

Hierdie psalm help ons besef dat as ons sondig, maar waarlik berou het, ons liefdevolle hemelse Vader ons beroep om barmhartigheid sal hoor en ons van wanhoop sal red. Maar ons moet hoofsaaklik besorg wees oor enige smaad wat op Jehovah se naam gebring word.—3/15, bladsy 18.

▫ Waarvan is waterdoop ’n simbool?

Doop is ’n uiterlike simbool van ’n mens se toewyding aan Jehovah God. Die feit dat dopelinge onder die water gedompel word, toon dat hulle ’n lewenswyse afsterf wat net om hulleself draai. Wanneer hulle uit die water gelig word, simboliseer dit dat hulle nou lewe om God se wil te doen en dat hulle dit eerste in hulle lewe stel (Mattheüs 16:24).—4/1, bladsye 5-6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel