Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 3/15 bl. 3
  • Kan hierdie maaltyd vir jou betekenis inhou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan hierdie maaltyd vir jou betekenis inhou?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Here se Aandmaal—’n Viering wat God eer
    Wat leer die Bybel werklik?
  • ’n Herdenking wat jou raak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Die herdenking van die dood van die grootste man wat ooit geleef het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Deur op Jesus se afskeidswoorde ag te slaan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 3/15 bl. 3

Kan hierdie maaltyd vir jou betekenis inhou?

’N VOLMAAN baai die land in ’n sagte lig. In ’n bokamer van ’n woning in eeue oue Jerusalem sit 12 mans om ’n tafel. Elf luister aandagtig terwyl hulle Leermeester ’n viering met groot betekenis instel en baie belangrike woorde uiter. Een verslag sê:

“Jesus [Christus] neem die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.”—Mattheüs 26:26-30.

Dit het ná sononder op die 14de dag van die Joodse maand Nisan in die jaar 33 van ons Gewone Jaartelling gebeur. Jesus en sy dissipels het so pas die Pasga gevier ter herdenking van Israel se verlossing van Egiptiese slawerny in die 16de eeu v.G.J. Christus het Judas Iskariot uitgestuur, wat hom binnekort sou verraai. Daarom was net Jesus en sy 11 lojale apostels teenwoordig.

Hierdie aandmaal was nie ’n voortsetting van die Joodse Pasga nie. Dit was iets nuuts wat as die Here se Aandmaal begin bekend staan het. Jesus het aangaande hierdie viering vir sy volgelinge gesê: “Doen dit tot my gedagtenis” (Lukas 22:19, 20; 1 Korinthiërs 11:24-26). Waarom het hy dit gesê? En hoe kan hierdie eeue oue gebeurtenis enigsins vir jou betekenis inhou?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel