Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 2/15 bl. 29
  • Die naam van God is herstel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die naam van God is herstel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 2/15 bl. 29

Die naam van God is herstel

“DIT het bykans 60 jaar geneem voordat die naam van God, ‘JHWH’, wat nie net die God van die Jode is nie maar ook van Christene, herstel is waar ’n kunsskilder dit oorspronklik geverf het.” Dit is wat die Duitse nuusblad Schwarzwälder Bote te sê het oor die herstelling van God se naam op die voorkant van die stadhuis in Horb, Suid-Duitsland. Maar waarom is die naam dan verwyder?

Die nuusblad berig dat die buitekant van die stadhuis beskilder is met pragtige tonele wat die voorkant versier. Oorspronklik het die Tetragrammaton, vier Hebreeuse letters wat die naam van God verteenwoordig, ook daarop voorgekom.

Die nuusblad sê voorts: “Hierdie naam wat meer as 6 000 keer in die Bybel voorkom, is ‘Jehova’ of iets dergeliks in Duits. Die presiese uitspraak is onseker omdat geskrewe Hebreeus net uit medeklinkers bestaan het. Die leser moes die klinkers self invoeg.”

Die Nazi-party het egter in 1934 besluit dat die Tetragrammaton “nie met die ideologie van die dag verenigbaar” was nie en dat dit dus toegeverf moes word. Gelukkig is die Tetragrammaton nou herstel. Die nuusblad sê: “Die voorkant [van die stadhuis] wat versier is met geskiedkundige tonele, wapenskilde en portrette is vandag ‘die belangrikste’ besienswaardigheid in Horb.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel