Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 12/1 bl. 32
  • ‘Hulle het altyd gelag’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle het altyd gelag’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 12/1 bl. 32

‘Hulle het altyd gelag’

’n Man wat diensplig verrig in die Hongaarse leër sê dat mense nie te lank terug nie altyd vir mense gelag het wat oor die Bybel gepraat het. Maar tye het verander. Die soldaat het onlangs die volgende aan die kantoor van die Wagtoringgenootskap in Boedapest geskryf:

“’n Paar dae gelede het ek julle publikasie Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe gelees. Iemand het dit vir my geleen. Wat in die boek geskryf is, het my diep getref en het my laat dink.” Die soldaat wou ’n Bybel en meer informasie hê. So ’n reaksie is nie meer buitengewoon in Oos-Europa nie.

’n Ander brief wat deur die kantoor in Boedapest ontvang is, sê: “Ek het die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe gelees. Die boek het ’n diep indruk op my gemaak, en daarom skryf ek aan julle om te vra dat ’n Getuie my tuis besoek sodat ek ’n gereelde Bybelstudie kan hê.”

Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe is ’n boek wat hoop gee deur jou aandag op die Bybel se antwoorde te vestig. Dit het al talle lewens verander. As jy graag ’n kopie wil ontvang, moet jy asseblief die bygaande koepon invul en pos.

Ek wil graag die hardebandboek met 256 bladsye Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)

[Prent op bladsy 32]

Ouers sal met goeie rede toelaat dat ’n geliefde kind ’n pynlike operasie ondergaan. God het ook goeie redes waarom hy tydelik toelaat dat mense ly

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel