Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 11/1 bl. 24
  • Waarheidsoekers reageer gunstig op informele getuienis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarheidsoekers reageer gunstig op informele getuienis
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom vier Jehovah se Getuies nie Kersfees nie?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat het geword van die tradisionele Kersfees?
    Ontwaak!—1993
  • Kersfees—Waarom so gewild in Japan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 11/1 bl. 24

Koninkryksverkondigers berig

Waarheidsoekers reageer gunstig op informele getuienis

DIE Bybel sê vir ons dat skaapgeaarde mense na die Goeie Herder se stem sal luister (Johannes 10:27). Dit is die geval in baie lande, Brittanje inkluis.

◻ In 1988 het Pamela, een van Jehovah se Getuies, net voor Kersfees, byvoorbeeld die telefoon beantwoord in die kantoor waar sy gewerk het en met ’n verkoopsman gepraat wat vir dieselfde maatskappy in ’n ander deel van Engeland werk. Aan die einde van die gesprek het die man gevra: “Is jy al gereed vir Kersfees?” Pamela het gesê: “Nee!” “Is jy nie ’n bietjie laat nie?” het die man gevra. “Ek vier nie Kersfees nie”, het Pamela gesê. Die man het gesê dat dit ongewoon is en gevra waarom sy dit nie vier nie. Pamela het vir hom gesê dat sy een van Jehovah se Getuies is en het verder verduidelik dat daar geen opdrag in die Bybel is om Jesus se verjaarsdag te vier nie, en buitendien is Jesus nie op 25 Desember gebore nie. Daarbenewens was Kersfees oorspronklik ’n heidense viering. Die man het gesê dat dit alles baie interessant geklink het.

Drie maande later het Pamela die telefoon beantwoord, en die oproeper het gesê: “Onthou jy dat jy voor Kersfees met my gepraat het en vir my gesê het dat jy nie Kersfees vier nie? Wel, ek het die waarheid gevind!” Dit was dieselfde man, en hy het verduidelik dat twee Getuies hom twee weke na Kersfees by sy huis besoek het. Hy het hulle ingenooi en ’n Bybelstudie is begin. Hy het vertel dat hy vinnig vooruitgang in sy studie gemaak het. Hy het vir sy vriendin, saam met wie hy gewoon het, gesê dat hulle lewenswyse nie Jehovah se goedkeuring wegdra nie, en hulle het dus van mekaar af weggegaan, en nou woon hulle albei die vergaderinge by die Koninkryksaal by.

Aan die einde van die jaar is hulle as ongedoopte verkondigers aanvaar en vroeg in 1990 is hulle getroud. Toe is hulle saam gedoop. ’n Pragtige resultaat van ’n kort, informele getuienis oor die telefoon!

◻ Jehovah het nog ’n suster geseën wat informeel in Engeland getuig het. Toe ’n versekeringsman na haar huis gekom het, het die suster hom gevra of hy graag van goeie gesondheid, geluk en ewige lewe verseker wil wees. Hy het ja gesê en gevra van watter versekeringspolis sy gepraat het. Nadat sy hom uit die Bybel God se belofte van ewige lewe in die Paradys op aarde gewys het, het hy ’n eksemplaar van die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe aanvaar en die hele publikasie in een aand deurgelees. Toe hy die suster weer besoek het, het hy vir haar gesê dat die informasie wonderlik is—as hy maar net die geloof gehad het om dit te glo. Die suster het verduidelik dat hy die Bybel moet bestudeer en vergaderinge by die Koninkryksaal moet bywoon. ’n Bybelstudie is gereël, en hy het vergaderinge begin bywoon. Hy is in die herfs van daardie selfde jaar gedoop. Slegs een jaar later het hy met die dogter getrou van die suster wat oorspronklik vir hom getuig het. Die suster sê: “Ek het dus ’n broer en ’n skoonseun deur my informele getuienis gekry!”

Dit is ’n feit dat waarheidsoekers gunstig reageer wanneer Bybelwaarheid deur informele getuienis oorgedra word. Soos Jesus gesê het, luister sy skape na sy stem.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel