“Die allerbeste”
Dit is wat ’n professor in Engels aan ’n universiteit in Georgia, VSA, van die Ontwaak! gesê het. Hy het onlangs geskryf:
“Ek gebruik die Ontwaak! die afgelope sewe jaar al in my universiteitskursusse in stelwerk, en ek moet sê, julle skrywers is die allerbeste. Die inleidings wat belangstelling wek en die duidelike besonderhede wat in baie van die artikels voorkom, is uitstekende voorbeelde vir nuwe, redelik ervare en gevorderde skrywers.
“Die artikels in die Ontwaak! is nie net interessant en leersaam nie, maar is ook taalkundig van die hoogste gehalte. Ek gebruik hulle om te toon hoe ’n mens leestekens, idiomatiese uitdrukkings, figuurlike taal en styl reg gebruik. Die geleentheid wat die leser het om nuwe woorde te leer, is inderdaad ’n uitdagende dog verkwikkende verandering van die gewone nuustydskrif. Die sukses van die Ontwaak! getuig van die kwaliteittyd en -aandag wat aan elke tydskrif bestee word.”
As jy graag die Ontwaak! wil ontvang, vul asseblief die bygaande koepon in en pos dit.
Ek wil graag hê dat die Ontwaak! na my huis gestuur moet word. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)