Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 5/15 bl. 3-4
  • Wat veroorsaak gesinsprobleme?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat veroorsaak gesinsprobleme?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Paar redes vir gesinsprobleme
  • Gesinsprobleme—’n teken van die tye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Is daar ’n geheim om gesinsgeluk te geniet?
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Stel God eerste in jou gesinslewe!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Jehovah, ons ‘vesting in tye van benoudheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 5/15 bl. 3-4

Wat veroorsaak gesinsprobleme?

‘SY IS lui!’ het Bob uitgeroep. ‘Sy is ’n hopelose huisvrou!’

‘Dit is eenvoudig nie waar nie!’ het Jean teëgekap. ‘Hy waardeer niks wat ek probeer doen nie. Hy is die kritiesste man wat ek nóg ontmoet het.’

Wat het in Bob en Jean se lewe verkeerd geloop?a Hulle jong huwelik was net vier maande oud, maar dit was reeds besig om op ’n ramp af te stuur. Hulle geval is egter nie buitengewoon nie, want statistiek toon dat huweliksonenigheid algemeen is. Kenners sê nou dat die helfte van alle nuwe huwelike in die Verenigde State op egskeiding sal uitloop. Statistiek uit baie ander lande is eweneens somber. Maar egskeiding is net ’n deel van die probleem. Meer gesinne as ooit tevore ondervind probleme en die redes is velerlei.

’n Paar redes vir gesinsprobleme

Wanneer daar probleme in ’n gesin bestaan, het dit ’n groot invloed op die kinders. Die tydskrif Newsweek berig: “’n Derde van alle kinders wat die afgelope dekade [in die Verenigde State] gebore is, sal waarskynlik voor hulle 18 is ’n deel van ’n stiefgesin wees. Een uit elke vier kinders word vandag deur ’n enkelouer grootgemaak. Omtrent 22 persent van vandag se kinders is buite die huwelik gebore; van hulle is ongeveer ’n derde die kind van ’n tienderjarige moeder.”

J. Patrick Gannon, ’n deskundige op die gebied van kindermishandeling, noem ’n verwante oorsaak van gesinsprobleme: “Huidige opnames toon dat tienmiljoene mense in disfunksionele [abnormaal funksionerende] gesinne grootgeword het, waar geweld, bloedskande of emosionele mishandeling, wat deur alkoholisme veroorsaak is, iets alledaags was.” Dit is dus nie verbasend dat baie kinders wat aan sulke dinge blootgestel is, dalk nie weet hoe om as volwassenes gesinsprobleme te vermy nie.

Sommige waarnemers skryf gesinsprobleme toe aan die ekonomiese, sosiale en morele veranderinge wat in nywerheidslande plaasgevind het. Die grootskaalse toetrede van vroue tot die arbeidsmark het byvoorbeeld aanleiding gegee tot ’n dikwels verwarrende herindeling van huishoudelike rolle en verantwoordelikhede. Moeders slyp senuagtig hulle verroeste werkvaardighede, vaders worstel teësinnig met huiswerk en kinders pas hulle al huilende by die lewe in dagsorgsentrums aan.

Daar is wêreldwyd baie gesinne wat onder hewige druk verkeer. Een werkende ouer het gesê dit is soos om “in ’n voortdurende noodtoestand te lewe”. Dit is geen wonder nie dat amper die helfte van diegene wat tydens ’n onlangse Gallup-opname ondervra is, gesê het dat die ‘Amerikaanse gesin vandag slegter daaraan toe is as 10 jaar gelede’, en min het gedink dat die situasie sou verbeter.

Gesinsprobleme is gevolglik ’n onderwerp wat aanhoudend op televisie- en radio-geselsprogramme bespreek word. Die publiek verslind selfhelpboeke oor die gesin, en party bied ’n sekere mate van betroubare en praktiese raad. Hoewel vermanings om ‘meer openlik te kommunikeer’ of om ‘oor jou gevoelens te praat’, nuttig kan wees, dring dit nie werklik deur tot die kern van huislike probleme nie. Die volgende artikel sal dit egter doen en toon hoe gesinsprobleme te bowe gekom kan word.

[Voetnoot]

a Skuilname is ter wille van vertroulikheid gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel