Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 10/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Homoseksuele—Gelyk voor God?
  • Bloedrisiko’s duur voort
  • Die pous en militêre diens
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Insig in die nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Godvrugtige eerbied vir bloed
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Is homoseksualiteit ooit geregverdig?
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 10/15 bl. 21

Insig in die nuus

Homoseksuele—Gelyk voor God?

In die Australiese staat Queensland is homoseksuele dade onwettig—al vind dit privaat tussen gewillige maats plaas. ’n Groot kerkgroep in daardie staat het hulle onlangs sterk uitgespreek teen sulke wette; hulle wil hê dat homoseksualiteit gewettig moet word.

Volgens die koerant The Courier-Mail bestaan hierdie interkerklike groep vir die bevordering van maatskaplike geregtigheid uit lidmate van die Anglikaanse, Rooms-Katolieke, Lutherse en Baptistekerk, die Uniting Church en Kwakers (Genootskap van Vriende). Die groep beweer dat die huidige wette teen homoseksuele op onkunde en vooroordeel gegrond is en sê: “Ons ondersteuning van hierdie beskouing is gegrond op die oortuiging dat alle mense gelyk voor God is en gelyk voor die wet behoort te wees. Ons glo ’n homoseksuele persoon is geensins meer of minder ’n mens as ’n heteroseksuele persoon nie.”

Alle mense word weliswaar gelyk gebore, maar wat is God se beskouing van homoseksualiteit? In die Bybel word alle homoseksuele dade veroordeel as onnatuurlik en as dinge wat God se misnoeë verdien en tot die dood lei. Dit het nie net in eertydse Israel gegeld nie, maar ook in Christelike tye (Levitikus 18:22; Romeine 1:26, 27). Die veroordeling is duidelik en het geen verklaring nodig nie: “Geen hoereerders . . . of wellustelinge of sodomiete . . . sal die koninkryk van God beërwe nie.”—1 Korinthiërs 6:9, 10.

Ware Christene moet diegene wat in slawerny aan hierdie godonterende gebruik verkeer eerder aanspoor om hulle daarvan vry te maak deur hulle na God se Woord van waarheid te wend as om aan te dring op die wettiging van homoseksualiteit.

Bloedrisiko’s duur voort

’n Onlangse ondersoek het aan die lig gebring dat die Amerikaanse Rooi Kruis honderde foute gemaak het in die hantering van besmette bloed. Bykans die helfte van die 12 miljoen tot 15 miljoen bloedeenhede wat jaarliks in die Verenigde State gebruik word, word deur die Amerikaanse Rooi Kruis voorsien. As daar gevind word dat enige van die bloedeenhede wat beskikbaar gestel is besmet is, moet die FDA (Voedsel- en Medisyneraad), ’n departement van die federale regering, in kennis gestel word. Maar The New York Times sê dat ’n federale inspekteur aanvoer dat die Rooi Kruis dikwels nagelaat het om dit te doen. Hy sê dat ’n ondersoek van hulle verslae getoon het dat daar 380 gevalle van wanhantering van besmette bloed was wat nooit by die regering aangemeld is nie. Daarbenewens het die inspekteur gemerk dat die Rooi Kruis net 4 uit 228 gevalle waar bloedoortappings moontlik die oorsaak van Vigs was by die FDA aangemeld het.

Al beskou baie mense bloedoortappings nog steeds as lewensreddend is dit jaarliks verantwoordelik vir die dood van duisende mense. Maar omdat ware aanbidders van God sy wette in verband met bloed gehoorsaam, word hulle terselfdertyd teen die gevare van oortappings beskerm. God het beveel: “Julle mag die bloed nie eet nie. Julle moet dit op die grond uitgooi asof dit water is. As julle dit nie eet nie, doen julle wat reg is in die oë van die Here, en dan sal dit goed gaan met julle en julle nageslag.”—Deuteronomium 12:23-25, NAV.

Die pous en militêre diens

Verlede jaar het die pous met meer as 7 000 militêre kadette by die Cecchignola-garnisoen in Rome vergader. By daardie geleentheid het vier jong offisiere wat die garnisoen verteenwoordig die pous gevra of militêre diens met die Christelike gewete versoenbaar is. Volgens die koerant L’Osservatore Romano van die Vatikaanstad het hulle spesifiek gevra: “Kan ’n mens ’n getroue Christen en terselfdertyd ’n getroue soldaat wees?” In antwoord daarop het die pous gesê: “Daar is geen grondliggende probleem of onmoontlikheid om die Christelike roeping met militêre diens te versoen nie. As ons ’n positiewe beskouing van laasgenoemde het, kan dit as ’n pragtige, waardige en goeie ding gesien word.”

Maar kan so ’n beskouing vereenselwig word met die neutraliteit wat die eerste-eeuse Christene gehandhaaf het? In sy boek An Historian’s Approach to Religion het Arnold Toynbee die geval van Maximilianus, ’n derde-eeuse martelaar, genoem wat, toe die Romeinse hof hom met die dood gedreig het omdat hy geweier het om in die militêre mag opgeneem te word, gesê het: “Ek sal nie krygsdiens verrig nie. Julle kan my onthoof, maar ek sal nie die magte van Hierdie Wêreld dien nie; ek sal my God dien.” Waarom het hy, ondanks die feit dat hy ’n gewisse dood in die gesig gestaar het, geweier om militêre diens te verrig? Omdat hy ware volgelinge van Jesus beskou het as “geen deel van die wêreld”, net soos Jesus geen deel van die wêreld was nie. Daarbenewens het hy die Christen se oorlogvoering as geestelik beskou, in ooreenstemming met Paulus se woorde: “Ons [voer nie] die stryd . . . volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie.”—Johannes 17:16, NW; 2 Korinthiërs 10:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel