Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 8/1 bl. 32
  • Moet jy aan die Drie-eenheid glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 8/1 bl. 32

Moet jy aan die Drie-eenheid glo?

Ian Boyne, die godsdiensskrywer vir The Sunday Gleaner, Jamaika, Wes-Indiese Eilande, het ’n nuwe brosjure bespreek wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word en deels gesê:

“Die Getuies verdien ’n ‘A’ vir hierdie dokument wat—sonder om te oordryf—vol aanhalings is van agtenswaardige geleerdes en bronne, hoewel dit so eenvoudig geskryf is dat ’n tiener dit kan lees. . . . Die publikasie Moet jy aan die Drie-eenheid glo? is ’n meesterstuk van die Getuies en nou is geen Trinitariër—of binatariër—veilig nie. Die boekie meld aanhaling na aanhaling uit geskiedkundige en teologiese bronne om te toon dat die Drie-eenheidsleer nie van die Bybel afkomstig is nie. Dit haal die gesaghebbende Encyclopedia of Religion aan wat sê: ‘Teoloë is dit eens dat die Nuwe Testament ook nie ’n uitdruklike Drie-eenheidsleer bevat nie.’”

Boyne merk ook op: “Dit is uiters moeilik vir hierdie godsdiensskrywer om te sien hoe die gemiddelde—of selfs die bogemiddelde kerklidmaat—op die gebiedende en omvattende redenasies kan antwoord wat die Getuies aanvoer om die beskouing dat Jesus God is te weerlê.”

As jy graag ’n eksemplaar van hierdie brosjure wil hê, kan jy die bygaande koepon invul en pos.

Ek wil graag die brosjure met 32 bladsye Moet jy aan die Drie-eenheid glo? ontvang. (Skryf buite die RSA aan die plaaslike Wagtoringtak vir informasie. Sien bladsy 2.)

[Foto-erkennings op bladsy 32]

Musée du Louvre, Paris

Musée des Beaux-Arts de Troyes

Musée du Louvre, Paris

Museo Bardini, Florence

Museo Egizio, Turin

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel