Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 2/15 bl. 28
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Skaking van fossiele”
  • “Vol bloed”
  • “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom”
  • Betaal aan Caesar terug wat aan Caesar behoort
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • “Betaal belasting as jy belasting verskuldig is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Het alle lewe afgestam van ’n gemeenskaplike voorouer?
    Vyf belangrike vrae oor—Die oorsprong van lewe
  • Moet jy jou belasting betaal?
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 2/15 bl. 28

Insig in die nuus

“Skaking van fossiele”

Die Franse dagblad Le Monde het onder daardie opskrif berig gelewer oor die geval van ’n paleontoloog in Indië wat “sy kollegas skynbaar 20 jaar lank . . . mislei het oor die oorsprong van fossiele wat hy vir hulle gegee het om te ondersoek”. Die “skaking” het behels dat hy fossiele aan hulle gestuur het wat in die Verenigde State, Tsjeggo-Slowakye en die Britse Eilande verkry is en beweer het dat dit in die Himalajas ontdek is. Die wetenskaplike het sy bevindinge in meer as 300 artikels gepubliseer, waarvan baie deur ander paleontoloë onderteken en in wetenskaplike tydskrifte dwarsoor die wêreld gepubliseer is. Die bedrog is deur ’n Australiese wetenskaplike in die Britse wetenskaptydskrif Nature aan die lig gebring. Hy het gewonder ‘hoe so ’n groot hoeveelheid twyfelagtige bevindings so lank in wetenskaplike kringe onbetwis kon bly’.

Een moontlike rede, volgens Le Monde, is die wet van stilswye wat deur baie lede van die wetenskaplike gemeenskap onderhou word, selfs wanneer hulle die bevindinge van hulle kollegas betwyfel. Wat ook al die geval is, die artikel het opgemerk dat hierdie “fossiel-skaking” “feitlik al die feite wat [die afgelope 20 jaar] oor die geologie van die Himalajas byeengebring is, nutteloos maak.”

Hierdie nuwe geval van bedrog in die wetenskap plaas vanselfsprekend nie die hele wêreld van die wetenskap onder verdenking nie. Dit verskaf egter verdere bewys dat die argumente van paleontoloë, wanneer dit met die onfeilbare akkuraatheid van die Bybelverslag vergelyk word, dikwels bloot neerkom op wat die apostel Paulus “die weersprekings van die ‘kennis’ wat glad nie kennis is nie” genoem het.—1 Timotheüs 6:20, The New Jerusalem Bible.

“Vol bloed”

Meedoënlose dwelmbaronne in Colombia, Suid-Amerika, kontrakteer met jong mans om mededingers te vermoor of paniek onder politici en die bevolking in die algemeen te saai. Een so ’n sicario, of huurmoordenaar, het aan verslaggewers van Tiempo, ’n Spaanse nuustydskrif, gesê dat ‘dit moeilik is om koelbloedig dood te maak’, en sy gewete pla hom dus by tye. Wat doen hy om sy gewete te sus? Hy verduidelik: “Ek weet dat dit een van God se wette is dat jy nie moet doodmaak nie, maar in my geval is dit ’n kwessie van iemand wat moet doodmaak om aan die lewe te bly. Ek maak mense pligsgetrou dood omdat ek die geld nodig het. Kan jy nie sien dat ek werk omdat ek op die een of ander manier ’n bestaan moet maak nie? . . . Voordat ek iemand gaan doodmaak, bid ek tot God en die Maagd dat hulle my moet beskerm.”

Hoewel Katolieke teoloë sulke rasionalisasie ongetwyfeld geheel en al sal verwerp, het kerkleiers gewapende stryd gewettig “as ’n laaste toevlug om ’n einde aan ooglopende en langdurige tirannie te maak”. As teoloë geweld vir politieke ongeregtighede goedpraat, behoort dit nie verbasend te wees dat sommige Katolieke, soos hierdie sicario, moord as gevolg van ekonomiese ongeregtigheid goedpraat nie, nie waar nie? Hoe gevaarlik is dit tog om God se Woord af te water!

Die aand toe die grootste onreg van alle tye gepleeg sou word—die arrestasie, verhoor en teregstelling van Jesus Christus—het Jesus self geweier om enige soort geweld te oorweeg. Hy het vir Petrus gesê: “Almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan” (Mattheüs 26:52). Is dit dan logies dat diegene wat hulle toevlug tot geweld neem, kan verwag dat die almagtige God enigsins na hulle sal luister, aangesien die profesie in Jesaja uitdruklik sê: “Ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed”?—Jesaja 1:15.

“Betaal aan die keiser wat die keiser toekom”

Belastingontduiking is ’n toenemende probleem in baie lande. In Spanje berig die koerant El Diario Vasco byvoorbeeld dat sowel kopers as verkopers die gewoonte het om die ware koopprys van eiendom opsetlik te verdoesel. Hoewel die koper en verkoper ooreenkom oor ’n prys vir die eintlike aankoop, word ’n baie laer bedrag op die dokument aangeteken. Wanneer ’n transaksie afgehandel is, word belasting volgens die aangetekende waarde van die eiendom betaal. Volgens die El Diario Vasco beweer die notaris José María Segura Zurbano dat notarisse nie eintlik aan hierdie bedrog deelneem nie, hoewel hulle weet dat die waarde van die eiendom wat hulle opteken vals is. Zurbano merk op dat daar een uitsondering op hierdie oneerlike gebruik is en sê: “In hierdie land lieg ’n ieder en ’n elk, behalwe Jehovah se Getuies. Wanneer hulle koop of verkoop, is die [eiendoms]waarde wat hulle verklaar die volle waarheid.”

Jehovah se Getuies is welbekend vir hulle waarheidsliewendheid en eerlikheid. Hulle is bewus daarvan dat Jehovah God verwag dat sy knegte sulke eienskappe in hulle onderhandelinge openbaar. God haat “’n leuenagtige tong” en “een wat as valse getuie leuens uitstrooi”. Jesus Christus het oor die kwessie van belastingbetaling die standaard vir sy ware volgelinge gestel toe hy gesê het: “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom.”—Spreuke 6:6-19; Markus 12:17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel