Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w90 2/15 bl. 7
  • Waarom het Jehovah sy naam geopenbaar?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom het Jehovah sy naam geopenbaar?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • Eer Jehovah se groot naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Die allergrootste naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
w90 2/15 bl. 7

Waarom het Jehovah sy naam geopenbaar?

’n Kommentaar op die “Ou Testament” wat in 1964 in Pole gepubliseer is, het hierdie vraag op ’n baie gedagteprikkelende manier beantwoord. Met imprimatur van die Rooms-Katolieke Kerk het dr. Stanisław Łach, ’n professor aan die Lublin-Universiteit, gesê:

“Vrygekoopte mense is verantwoordelik vir God se naam onder die mensdom.” Dit was die Israeliete se verantwoordelikheid om hulle daarvoor te beywer “dat die nie-Jode Jahwe [Jehovah] se naam loof en dat hulle [dit] nie laster nie”. “Jahwe het ’n betekenis . . . Die wêreld sal geoordeel word volgens hulle optrede teenoor diegene wat daardie naam bely.” Die professor het gesê dat “die naam Jahwe groot sal wees onder die nasies . . . Dit sal dwarsdeur die wêreld bekendgemaak word. Dit is hoe Moses die toekoms van . . . daardie naam beskou het.”

Ja, soos Maleagi 1:11 (NW) voorspel: “‘My naam sal groot wees onder die nasies’, het Jehovah van die leërskare gesê.” En wie verkondig daardie naam vandag wêreldwyd sodat ‘almal wat die naam van Jehovah aanroep, gered sal word’? Jehovah se Getuies! Die publiek se optrede teenoor hierdie “volk . . . vir sy Naam”, ja, “diegene wat daardie naam bely”, is vir hulle ’n saak van lewe of dood. Hoe tree jý teenoor Jehovah en sy Getuies op?—Handelinge 2:21, NW; 15:14; vergelyk Maleagi 3:16-18, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel