Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 11/1 bl. 15
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Moed
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 11/1 bl. 15

‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’

JEHOVAH God kan sy knegte die krag gee om ‘die woord van God met vrymoedigheid te spreek’ (Handelinge 4:31). Selfs die wat jonk in die weë van Bybelwaarheid en onervare in die predikingswerk is, hoef nie te aarsel om die goeie nuus met vrymoedigheid te verkondig nie. In Côte d’Ivoire (Ivoorkus) was twee verkondigers van die goeie nuus besig met die huis-tot-huisbediening toe hulle ’n universiteitsprofessor ontmoet het. Die jonger Getuie, Seriki, het onbevoeg gevoel om met so ’n geleerde man te praat en het die ander Getuie die praatwerk laat doen.

Rassevooroordeel het die professor gekwel en hy het God geblameer vir die rasseprobleme wat bestaan, omdat hy van mening was dat Hy die verskillende rasse geskep het. Na ’n lang bespreking wat skynbaar niks bereik het nie, het Seriki eindelik die moed bymekaargeskraap om te praat, en hy het die gesprek beleef onderbreek (1 Thessalonicense 2:2, NAV). Seriki het opgemerk dat die professor se huis met ’n smaakvolle keuse van kleure versier was en het hom gevra: “Waarom het u nie u hele huis dieselfde kleur gemaak nie?”

“Jy dink seker ek is gek!” het die professor geantwoord. Seriki het gesê: “Nee, maar waarom moet ons verwag dat God alles en almal dieselfde kleur moes maak?” Die punt was duidelik. Daardie eenvoudige illustrasie was doeltreffend en Seriki, wat eens skugter was, het ’n goeie getuienis gegee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel