Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 9/1 bl. 16-17
  • Joppe—vername eertydse hawe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Joppe—vername eertydse hawe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer uit jou foute
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Kornelius ontvang heilige gees
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hy het uit sy foute geleer
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jona leer aangaande Jehovah se barmhartigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 9/1 bl. 16-17

Tonele uit die Beloofde Land

Joppe—vername eertydse hawe

EERTYDSE ISRAEL het ’n lang sandkus gehad. Nogtans was die Israeliete nie juis bekend as seevaarders nie. Die aard van hul kus was moontlik ’n faktor.

Dit was ’n byna ononderbroke reeks strande en duine, wat gevorm is deur sand wat die Nylrivier na die see gevoer het.a As jy vanaf die Egiptiese grens al met die kus langs, gevaar het, sou jy nie ’n waarlik uitsonderlike natuurlike hawe suid van die berg Karmel gevind het nie.

Maar ongeveer halfpad langs Israel se kus op sal jy die stad Joppe op ’n heuwel gesien het. Soos die foto toon, het ’n reeks rotse in die see ’n baaitjie gevorm. Alhoewel die hawe wat as gevolg daarvan ontstaan het, nie so goed was as die een verder noord by Acre (Ptolemais) nie, het dit Joppe nogtans vernaam gemaak (Handelinge 21:7). Totdat Herodus die Grote die kunsmatige hawe by Cesarea gebou het, was Joppe die beste plek langs die kus vir skepe om vas te meer. Dit werp lig op sommige Bybelse verwysings na Joppe.

Toe Huram, die koning van Tirus, aangebied het om Salomo met die bou van die tempel te help, het hy gesê: “Ons sal [bome uit Libanon] vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan ú dit na Jerusalem laat vervoer” (2 Kronieke 2:1, 11, 16). Hierdie vlotte het moontlik vanaf die Feniciese hawens Tirus of Sidon vertrek (Jesaja 23:1, 2; Esegiël 27:8, 9). Die sederboomvlotte het verby Karmel gevaar en by Joppe aangekom. Van daar kon die seders na Jerusalem vervoer word, wat 55 kilometer oos/suidoos daarvandaan was. Joppe was ook die skeepshawe waar sederhout aan wal gebring is toe die Jode die tempel ná hul ballingskap herbou het.—Esra 3:7.

Vakmanne wat die timmerhout vergesel het, het moontlik aan boord van Feniciese skepe gevaar wat soortgelyk aan die skaalmodel was. Terwyl jy dit bestudeer, kan jy gerus onthou dat die profeet Jona, nadat Jehovah hom na Nineve gestuur het, in ’n teenoorgestelde rigting gevlug het. “[Jona] het na Jafo afgegaan en ’n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.”—Jona 1:1–3.

Jona het blykbaar aan boord van hierdie soort seewaardige vragskip gegaan, wat in staat was om die lang seereis van Joppe na Tarsis (waarskynlik eertydse Spanje) af te lê. Dit het waarskynlik ’n hoë gesnede boeg gehad, met ’n klipanker wat daar naby gehang het. Passasiers, roeiers en ’n bietjie skeepsvrag kon op die dek, wat nie op die model getoon word nie, pas. Onder die dek was ’n skeepsruim waar meer van die skeepsvrag gebêre kon word en waar Jona gaan slaap het. Die skip was van stewige jenewerhoutplanke gemaak en het een sedermas gehad om ’n groot linneseil te dra. Let op die ry lang roeispane (waarskynlik eikehout uit Basan) aan elke kant. Stel jou nou voor dat die skip op see is en deur ’n hewige storm bedreig word. Hoor hoe die matrose hul gode om hulp roep totdat hulle Jona uiteindelik oorboord moet gooi sodat hulle behoue kan bly.—Esegiël 27:5-9, vgl. NW; Jona 1:4-15.

Eerste-eeuse Joppe was die tuiste van ’n Christengemeente, waarvan sommige lede moontlik dokwerkers of oud-matrose was. Die Jodin Dorkas (Tabita) was ’n lid van die gemeente in hierdie bedrywige seehawe. “Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.” In die jaar 36 G.J. het Dorkas siek geword en gesterf, en dit het veroorsaak dat talle geween en haar oorvloedige goeie werke onthou het. Mede-Christene het die apostel Petrus vanaf Lidda (hedendaagse Lod, naby die Tel-Aviv-lughawe) na Joppe gebring. Petrus het hierdie geliefde suster opgewek, ’n wonderwerk wat “bekend geword [het] in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo”.—Handelinge 9:36-42.

Petrus het ’n tyd lank in Joppe by die huis van Simon, ’n leerlooier, gebly. Hier het die apostel ’n visioen gehad wat daartoe gelei het dat hy sommige broers van die Joppe-gemeente noordwaarts op die kuspad na die nuwe hawe by Cesarea geneem het. Daar het Petrus vir die Romeinse leëroffisier Cornelius, die eerste onbesnede nie-Jood wat ’n geesgesalfde Christen geword het, gepreek en hom gedoop (Handelinge 9:43–10:48). Watter vreugde en opgewondenheid moes daar tog in Joppe geheers het toe die broers teruggekeer het met die nuus van hierdie belangrike ontwikkeling in die Christengeskiedenis!

Vandag besoek baie toeriste Joppe, wat deel is van die hedendaagse Tel-Aviv-Jaffa, en hulle kan Bybelgebeure wat by hierdie vername hawe plaasgevind het maklik herlewe.

[Voetnoot]

a Jy kan hierdie sandkus maklik op die satellietfoto op die buiteblad van Jehovah se Getuies se kalender vir 1989 sien. Hierdie kalender bevat ook ’n groter foto van die uitsig op Joppe hierbo.

[Foto-erkenning op bladsy 16]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

[Foto-erkenning op bladsy 17]

Pictorial Archive (Near Eastern History) Est.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel