Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 6/15 bl. 3-4
  • Sal ons hulle ooit weer sien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal ons hulle ooit weer sien?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Die opstanding – ’n Vaste hoop!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Die opstandingshoop is wis en seker!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • “Dit kan nie waar wees nie!”
    Wanneer ’n geliefde sterf
  • Wat gebeur met ons afgestorwe dierbares?
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 6/15 bl. 3-4

Sal ons hulle ooit weer sien?

“Jy het ons vir ewig verlaat. Dit was so onverwags. Maar ten spyte van die diep wonde wat jou dood gelaat het, sal jy altyd in ons harte met ons wees. Ons sal nooit die wonderlike jare vergeet wat ons saam met jou geniet het nie, en ook nie die hoop opgee dat ons jou weer eendag sal sien nie.”

IN DIE Groothertogdom Luxemburg spreek oorlewende families en vriende herhaaldelik sulke gedagtes uit in koerante se herdenkkolomme wat na die dood van ’n geliefde gepubliseer word. Dwarsdeur die wêreld is daar ook ander met soortgelyke gedagtes, hartlike herinneringe asook ’n terneerdrukkende gevoel van wanhoop oor hulle verlies—hoop gemeng met onsekerheid. Jy het dalk al so gereageer of gehoor dat ’n vriend so gereageer het na die dood van ’n geliefde.

Vir die meeste mense is die hoop om hulle dierbares weer te sien verwarrend en onduidelik. Die redes is eenvoudig. Om mee te begin ruim bykans niemand deesdae die tyd in om homself oor die onderwerp in te lig nie. En wanneer iemand dit probeer doen, is die inligting wat die meeste godsdienste oor die saak bied òf te vaag òf te vreemd om oortuigend te wees.

Soos jy dalk weet, dink baie dat die enigste “toekomstige lewe” vir die dode die voortsetting van hulle geslagslyne is. Jy het moontlik al van die beskouing gehoor dat mense ‘in hulle kinders voortleef’. Maar bied so ’n “lewe” enige bewuste voordeel vir die dode of enige kans dat hulle oorlewendes hulle weer sal sien? Glad nie! So ’n beskouing bied dus in werklikheid min vertroosting!

Uit belangstelling in ons eie dierbares, die wat reeds gesterf het sowel as die wat nog leef, moet ons antwoorde kry op die vrae: Sal ons ’n geliefde wat sterf ooit weer sien? As die antwoord ja is, wanneer en waar? In die hemel? Of dalk hier op die aarde? Watter hoop hou die toekoms werklik vir afgestorwe geliefdes en vir ons in?

Om die waarheid te sê is daar goeie nuus wat hierdie vrae betref. Dit is goed omdat daar ’n seker, verkwikkende hoop is. Dit is nuus omdat dit ’n boodskap is wat verskil van wat die meeste mense gehoor het, selfs uit godsdienstige bronne.

In die eerste eeu van ons Gewone Jaartelling, toe die Christensendeling Paulus in Athene, Griekeland, was, het hy gepraat van die skriftuurlike hoop vir die dode. Sommige luisteraars was nuuskierig, maar ander het minagtend geluister. Sekere filosowe wou hom by ’n twisgesprek betrek en het gesê: “Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê?” Ander het beweer dat hy “’n verkondiger is van vreemde gode—omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het” (Handelinge 17:18). Ja, die goeie nuus wat Paulus gehad het om te vertel, het oor die opstanding gehandel!

Hoe beskou jy die gedagte van ’n toekomstige opstanding—van die moontlikheid om die dode weer lewend te sien? Dink jy dat dit nuttelose praatjies is? Of kom die boodskap van die Heilige Skrif oor die hoop vir die dode dalk as gevolg van jou godsdiensonderrig en persoonlike beskouings vir jou nuut en vreemd voor, asof dit van ’n ‘vreemde God’ af kom?

Die Atheners het vir Paulus gesê: “U bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit dalk kan wees” (Handelinge 17:20). Wil jy ook graag meer leer oor die Bybel se hoop vir ons afgestorwenes, en vir ons wat leef? Indien wel, sal die volgende artikel jou interesseer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel