Hoe om lewensprobleme die hoof te bied
Verlede jaar het die huis van ’n onderwyser in Bignona, Senegal, afgebrand. Die tak van die Wagtoringgenootskap in daardie Wes-Afrikaanse land het daarna hierdie brief ontvang:
“Wat my so ontstel”, het die onderwyser verduidelik, “is dat ek in die brand boeke verloor het wat vir my van onskatbare waarde is. Die titels is Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut en Is hierdie lewe al wat daar is? Ek kan goed sonder my klere en my huis oor die weg kom, maar ek kan nie sonder daardie boeke klaarkom nie! Hulle is vir my belangriker as alles wat ek verloor het. Ek smeek julle om asseblief so gou moontlik met my in verbinding te tree en my te laat weet hoe ek ander eksemplare kan kry. Die lewe is vol probleme, en ons het sulke informasie nodig om hulle op te los en ons te help om die regte besluite te neem en ons reg te gedra.”
Talle ander voel net so oor hierdie twee publikasies. Trouens, meer as 22 miljoen eksemplare van die Jeug-boek en meer as 20 miljoen eksemplare van Is hierdie lewe al wat daar is? is al wêreldwyd versprei. Jy kan hierdie twee belangrike boeke ontvang deur bloot die koepon in te vul en te pos en R4 daarby in te sluit.
Stuur asseblief die twee hardebandboeke met 192 bladsye elk, Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut en Is hierdie lewe al wat daar is? posvry aan my. Ek sluit R4 in.