Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/1 bl. 31
  • Liefde verenig gesinne

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde verenig gesinne
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hongkong
  • Brittanje
  • Stille Suidsee
  • ‘God is nie partydig nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Vind baat by die leiding wat Jehovah vandag gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Jou gesin kan gelukkig wees
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/1 bl. 31

Koninkryksverkondigers berig

Liefde verenig gesinne

GESINSEENHEID kan net verkry word wanneer die huwelik gebaseer is op liefde wat uit onselfsugtigheid spruit. Sulke liefde kom van Jehovah, die God van liefde, en dit is dus ’n vrug van God se gees (Galasiërs 5:22; 1 Johannes 4:8). Die volgende ondervindinge lig toe hoe liefde wat op Bybelkennis gebaseer is gesinne verenig het.

Hongkong

▫ In Hongkong het ’n pionier ’n tuisbybelstudie met ’n huisvrou en haar twee dogters begin. Die man het kommer uitgespreek dat sy dalk by ’n radikale godsdiensgroep betrokke raak. Die pionier het die vrou aangeraai om haar man te nooi om die studie by te woon en self te besluit, wat hy toe gedoen het. Die vrou het intussen vergaderinge begin bywoon, maar sy het ’n probleem met die opvoeding van haar kinders gehad. Sy het gedurig met die oudste kind geraas en die jongste bederf. Toe het dit aan die lig gekom dat sy en haar man probleme ondervind. Hulle rusies het dikwels tot geweld gelei, en die polisie moes etlike kere ontbied word. Die pionier het die kragtige Woord van God gebruik om hulle te leer hoe om godvrugtige liefde in hulle huwelik te openbaar. Ou weë en gewoontes het spoedig begin verander. Albei het vergaderinge gereeld begin bywoon, en ’n baie gelukkiger atmosfeer het in die huis geheers. Die man het opgehou rook en het nou by die Teokratiese Bedieningskool aangesluit. Die vrou is nou ’n gedoopte verkondiger.

Gesinseenheid is verkry deurdat liefde, ’n vrug van God se gees, geopenbaar is.

Brittanje

▫ ’n Ondervinding uit Brittanje lig toe hoe Jehovah ’n man seën wat liefde, geduld en volharding betoon in sy handelinge met sy vrou. Toe die man 12 jaar gelede in die waarheid gekom het, het sy vrou se bittere teenstand daartoe gelei dat sy ’n wetlike egskeiding bekom het. Maar die man was egter steeds goed vir haar deur seker te maak dat daar finansieel na haar omgesien word en gereeld klein takies vir haar te doen. Na vier jaar en ondanks haar vorige teenstand het hy besluit om nog ’n keer met haar oor die waarheid te praat. Toe hy voorgestel het dat ’n suster ’n Bybelstudie met haar hou, het sy dit tot sy verbasing aanvaar. Sy het weldra haar standpunt vir die waarheid ingeneem en is gedoop. Die man het haar nog altyd liefgehad en toe sy bewys het dat sy die waarheid uitleef, het hy haar gevra om weer met hom te trou. Sy was verheug, omdat sy nooit verwag het dat hy dit sou doen nie met die oog op haar vorige slegte gesindheid. Hulle is nou reeds byna agt jaar lank weer getroud, en albei vorder goed in die waarheid.

Stille Suidsee

▫ Meer as 20 jaar gelede het ’n jong man op ’n eiland in Tuvalu in die Stille Suidsee aan die Wagtoringgenootskap geskryf en lektuur bestel. Daar was destyds geen Getuies op die eiland nie. Maar hy het die lektuur gelees en dit as die waarheid herken. Sy vrou het egter sy nuwe geloof hewig teengestaan en hy het toe daarvan afgesien.

Toe lektuur onlangs in Tuvaluaans beskikbaar word, het die vrou ’n paar publikasies in die hande gekry en kon sy dit self lees. Sy het toe besef dat dit die waarheid is en het teenoor haar man gekla: “Jy het al die jare die lig gehad, maar jy het dit nie hoog gehou nie. Hoekom het jy nie ten minste vir my verduidelik waarom jy geglo het dat die Getuies reg is nie?” Die egpaar, wat toe in Bybelwaarheid verenig was, het met die Getuies begin omgaan.

Toe hulle twee dogters, wat in Fidji skoolgegaan het, huis toe kom, het die ouers hulle vertel van hul besluit om getuies van Jehovah te word. Hulle het die meisies aangemoedig om saam met hulle die Bybel te bestudeer, maar het tot hul verbasing gehoor dat die meisies al in Fidji vergaderinge bygewoon het. Die gesin het die waarheid met vreugde saam aanvaar, en die vader, die moeder en een van die dogters is reeds Koninkryksverkondigers.

Wat ’n vreugde is dit om te sien hoe Bybelwaarheid en liefde gesinne oral in die wêreld verenig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel