Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/1 bl. 4-5
  • Die groot hoer word ontmasker

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die groot hoer word ontmasker
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Babilon die oorlogstoker
  • Babilon die Grote—haar teregstelling
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Babilon die Grote—geval en geoordeel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die groot stad word verwoes
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Die ware God en jou toekoms
    Die mensdom se soeke na God
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/1 bl. 4-5

Die groot hoer word ontmasker

DIE huidige wêreldstelsel onder Satan se beheer het drie hoofelemente wat deur “die god van hierdie wêreld” gemanipuleer word. Dit is politieke heerskappy, die beheer en invloed van groot sake en godsdiens. Deur die millenniums van die geskiedenis heen was hierdie drie faktore die konstantes in feitlik elke heersende stelsel. Watter van hierdie drie invloedryke kragte word deur “die moeder van die hoere” afgebeeld?—2 Korinthiërs 4:3, 4; Openbaring 12:9; 17:5.

Volgens Johannes se visioen wat hier onder bespreking is, het die heersers, “die konings van die aarde”, gewillig na haar bed van hoerery gegaan (Openbaring 18:3). (Geskiedkundige bewys hiervan sal op die volgende bladsye gegee word.) Babilon die Grote kan dus nie die politieke heerskappy van die wêreldstelsel afbeeld nie.

Wat van die sakesektor wat vandag so ’n belangrike rol in die mens se aangeleenthede speel? Dit is ongetwyfeld ’n kragtige invloed in baie nasies en beslis in werklikheid wie ryk en wie arm sal wees. Kan dit Babilon die Grote wees? ’n Engel het Johannes ’n belangrike leidraad gegee wat hierdie vraag beantwoord. Hy het ’n verbasende gebeurtenis aangekondig—Babilon wat in ongenade val! Sy verloor haar klante en minnaars, wat haar skielik afstootlik vind. Wie, afgesien van “die konings van die aarde”, was nog onder haar gereelde besoekers? Die engel sê: “Omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het uit die mag van haar weelderigheid.” Ja, dit het die handelaars van die wêreld tot voordeel gestrek om met haar handel te dryf en omgang te hê en haar skaamtelose “weelderigheid” te vermeerder. Sy kan dus nie groot sake op ’n wêreldskaal afbeeld nie.—Openbaring 18:3.

Deur eliminasie is politieke heerskappy en die beheer en invloed van groot sake dus uitgeskakel. Waarmee laat dit ons? Dit moet daardie magsektor wees waarby die aanklag “want deur jou towery is al die nasies verlei” ook pas. Dit is die eens magtige maar nou tanende element wat sedert die dae van eertydse Babilon ’n groot invloed op die denke en die dade van die nasies uitoefen. Sy is die een wat “heerskappy voer oor die konings van die aarde”—naamlik, valse godsdiens!—Openbaring 17:18; 18:23.

Ja, hoe skokkend dit ook al vir sommige opregte godsdienstige mense mag wees, Babilon die Grote, die moeder van hoere, is ’n simbool van Satan se wêreldryk van valse godsdiens. Sy is ’n simbool van die godsdienste van die wêreld wat deur die geskiedenis heen op die een of ander manier kompromisse met die politieke en finansiële heerserselemente aangegaan het.

Babilon die oorlogstoker

Ooreenkomstig die profetiese visioen is Babilon die Grote die groot hoer wat nasies, volke en stamme na bloedige oorloë, kruistogte en vendettas gelei het en hulle met towerspreuke, heilige water, gebede en vurige patriotiese toesprake geseën het.a—Openbaring 18:24.

Haar geestelikes, veral haar kapelane, was gewillige werktuie in die hande van die heersers om die massa as kanonvoer in die slagting van twee wêreldoorloë en ander groot konflikte in te stuur. Katoliek het Katoliek doodgemaak, en Protestant het Protestant pligsgetrou uitgedelg, sodat daar in slegs twee wêreldoorloë ’n verlies van sowat 50 tot 60 miljoen lewens was.

In hierdie verligte 20ste eeu bring godsdiens se nalatenskap steeds haat en die dood voort—nie net in die ryk van die Christendom met sy konfrontasies tussen Katolieke en Protestante nie, maar ook in die nie-Christelike wêreld met sy Islam versus Judaïsme, Hindoeïsme versus Islam, Boeddhisme versus Hindoeïsme, Sikhisme versus Hindoeïsme, ensovoorts.

Godsdiens wou boonop altyd ’n kragtige invloed op “die konings van die aarde” uitoefen en het probeer om hulle lot en hulle opvolgers te bepaal. Laat ons kortliks ’n paar voorbeelde beskou.

[Voetnoot]

a Die “heilige” Kruistogte (1096-1270), die Dertigjarige Oorlog in Europa (1618-1648), twee wêreldoorloë en die slagting van sowat 200 000 Hindoes en Moslems oor die verdeling van Indië (1948) is net ’n paar voorbeelde van godsdiens se bloedskuld.

[Prent op bladsy 4]

Watter van hierdie—die politiek, groot sake of godsdiens—word deur “Babilon die Grote” afgebeeld?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel