Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 12/1 bl. 24
  • Onwrikbare geloof in ’n verdeelde huisgesin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onwrikbare geloof in ’n verdeelde huisgesin
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Resultate omdat sy vir haar familie getuig het
  • Van depressie tot geluk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • ‘God is nie partydig nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Liefde verenig gesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Sê vir hulle dat jy lief is vir hulle
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 12/1 bl. 24

Koninkryksverkondigers berig

Onwrikbare geloof in ’n verdeelde huisgesin

DIE apostel Paulus het Christene gemaan: “Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor” (1 Timotheüs 4:16). In een Oosterse land het ‘volharding’ in die Bybel se leer wonderlike seëninge vir mev. L—— meegebring nadat sy een van Jehovah se Getuies geword het.

Mev. L—— en haar man het albei uit Hindoe-gesinne gekom. Jehovah se Getuies het haar in 1959 besoek, en nadat sy die Bybel saam met hulle bestudeer het, het sy die waarheid van God se Woord aanvaar. Toe het sy vir haar man en ander familielede getuig. (Vergelyk Johannes 1:41, 42.) Haar man het geen belangstelling getoon nie, maar haar eie suster R—— het saam begin studeer. In 1961 is sy en haar suster gedoop as simbool van hul toewyding aan Jehovah. Terwyl suster L—— se kinders grootgeword het, het sy ’n studie met hulle gehou en hulle na vergaderinge geneem. Toe die oudste dogter, S——, haar skoolloopbaan voltooi het, het sy haar lewe aan Jehovah toegewy, is sy gedoop en het sy met ’n Getuie getrou. Maar mettertyd het sy en haar man albei onbedrywig geword. Die oudste seun het geleerdheid begin najaag en in slegte geselskap verval. Toe het hy met ’n Katolieke meisie getrou en sy omgang met Jehovah se volk beëindig. Aan die ander kant het die jongste dogter, nadat sy die skool verlaat het, haar lewe aan Jehovah toegewy en is sy gedoop.

Suster L—— het aangehou om vir haar familielede te getuig. Nog ’n bloedsuster van haar het belangstelling begin toon, maar dié se man het haar kwaai teengestaan en selfs haar Bybel en boeke vernietig. Sy is nie toegelaat om haar drie kinders na die vergaderinge te neem nie, maar sy het tuis met hulle gestudeer. Ten spyte van kwaai teenstand deur haar man het sy haar ook na ’n ruk toegewy en is sy gedoop. Mettertyd het al drie haar kinders toegewyde, gedoopte Getuies geword.

Intussen het suster L—— steeds vir haar familielede getuig. Toe sy met haar broer en sy vrou gepraat het, het die broer geen belangstelling getoon nie, maar sy vrou het geluister. Nadat sy voldoende Bybelkennis opgedoen het, het sy haar aan God toegewy en dit deur waterdoop gesimboliseer.

Suster L—— het vir nog ’n bloedbroer van haar getuig, maar hy was gekant teen die waarheid. Sy vrou en hulle dogter het egter begin studeer. Die dogter is vir verdere sekulêre studies na Kanada gestuur, maar daar het sy haar Bybelstudie en omgang met die Getuies voortgesit. Uiteindelik het sy ook haar standpunt vir die waarheid ingeneem en is sy gedoop. Sy het met ’n pionierbroer in Kanada getrou, en haar pa en ma het die huwelik bygewoon. Die omgang met die broers in Kanada het ’n baie goeie uitwerking op die pa gehad.

Resultate omdat sy vir haar familie getuig het

Jehovah het die getroue pogings van suster L—— geseën. Haar jongste dogter het mettertyd haar lonende werk laat vaar, ’n deeltydse werk gekry en Jehovah as ’n voltydse bedienaar begin dien. Die oudste dogter en haar man het weer begin om te studeer en om vergaderinge by te woon en het hulle bedrywighede in die bediening hervat. Haar seun wat met ’n Katolieke meisie getrou en van die waarheid afgedwaal het, het ook begin om weer te studeer en het uiteindelik sy lewe aan Jehovah toegewy en is gedoop. Die jongste seun het hom ook toegewy en laat doop, waarna hy sy standpunt ten opsigte van die neutraliteitsgeskil ingeneem het (Jesaja 2:4). Hy is ’n vonnis van drie jaar in ’n militêre tronk opgelê, maar tydens die hofsaak het hy die groep regters ’n kragtige getuienis gegee. Sy pa, suster L—— se man, was so beïndruk deur die standpunt wat sy seun ingeneem het dat hy nou belangstelling begin toon en vergaderinge begin bywoon het.

Hoe bevredigend en lonend was suster L—— se 29 jaar van getroue diens in ’n verdeelde huisgesin tog! Die feit dat sowat 18 van haar familielede reeds gedoop is, verskaf haar nou groot vreugde. Mag hierdie ondervinding ’n bron van bemoediging en vertroosting wees vir talle van ons broers en susters in verdeelde huisgesinne wat onder soortgelyke omstandighede moet volhard en onwrikbare geloof moet toon.—1 Petrus 2:19, 20, vgl. NW; 1 Korinthiërs 7:12-16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel