Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 7/15 bl. 31
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Sebra se strepe
  • Werkende predikante?
  • Die sebra—Afrika se wilde perd
    Ontwaak!—2002
  • Lastige watersuiweraars
    Ontwaak!—2003
  • Wie beskerm Afrika se wild?
    Ontwaak!—1993
  • Ons bestudeer die Bybel—In die dieretuin!
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 7/15 bl. 31

Insig in die nuus

Die Sebra se strepe

“Miljoene jare van evolusie” het die sebra sy strepe gegee, beweer die Britse tydskrif World of Wildlife. Die rede hiervoor? Sommige wetenskaplikes sê dat die strepe geëvolueer het as kamoeflering om die dier teen roofdiere te beskerm. Die feit dat strepe ’n dowwe indruk skep wanneer dit van ’n afstand gesien word, maak hierdie beskouing skynbaar geloofwaardiger. Maar nie alle wetenskaplikes stem saam nie. Dr. Gerrie de Graaff, wetenskaplike adviseur vir die Suid-Afrikaanse tydskrif oor die natuur Custos, sê: “Ons kan nie aanvaar dat diere dinge op dieselfde manier as ons sien nie.” By wyse van verduideliking wys dr. De Graaff daarop dat die gedrag van sebras nie ooreenstem met die kamoefleringsteorie van streepontwikkeling nie. Waarom nie? Omdat sebras hulself nie probeer wegsteek soos diere wat op kleurkamoeflering staatmaak nie. Hulle is raserig en lewendig en maak hulself opsigtelik deur op oop vlaktes te wei.

Ander evolusioniste se teorie is dat die sebra se helder swart en wit strepe ’n gesigsbedrog skep. Volgens dr. De Graaff is een van die bewerings dat “aanvallende leeus nie ’n enkele sebra kan uitsonder nie omdat dit met ander in die trop saamsmelt”, terwyl “’n ander teorie sê dat die leeu verblind is of sy denkbeeldige laaste sprong misreken”. Maar soos hy opmerk: “Hierdie teorieë val plat wanneer ’n mens sien met watter sekerheid leeus sebras doodmaak.”

Dr. De Graaff erken ten slotte: “Ons weet nog steeds nie waarom kwaggas strepe het nie.” Die rede is egter duidelik vir Bybelstudente. In Genesis 1:20-25 word ons meegedeel dat al die wesens op die aarde “volgens hulle soorte” deur God geskape is. Gevolglik is ’n natuurlike biologiese proses vir die sebra se strepe verantwoordelik. Sulke strepe is deel van die wonderlike verskeidenheid van ontwerp in God se skepping.

Werkende predikante?

Sommige geestelikes verwag om in die nabye toekoms drastiese veranderinge in hulle beroep te sien. Jean-Pierre Jornod, ’n Lutheraanse pastor, het hierdie kommernis uitgespreek in Reformiertes Forum, ’n Lutheraanse tydskrif wat in Switserland uitgegee word. Hy het gesê: “Ek sal sover gaan as om te voorspel dat die pastor van die jaar 2000 benewens sy gemeente ook ’n deeltydse werk sal hê.” Waarom? Hy het bygevoeg: “Nie net om finansiële redes nie, maar allereers omdat die samelewing ’n toenemende behoefte het aan pastors wat met die alledaagse lewe in voeling is.”

Jornod het uitgebrei oor hierdie behoefte en gesê: “Die pastor van die jaar 2000 sal ’n man of ’n vrou wees wat bedrewe is in die kommunikasiekuns. Ek beweer nie dat kerke dan leeg sal wees nie, maar die mense wat ’n pastor met sy boodskap wil bereik, sal van die kerk wegbly, net soos dit vandag gedeeltelik die geval is. Sy boodskap sal derhalwe duideliker, verstaanbaarder en pertinenter moet wees.”

Dit is opmerkenswaardig dat besoldigde herders in die eerste-eeuse Christelike godsdiens iets onbekends was. Die apostel Paulus het byvoorbeeld na sy eie fisiese behoeftes omgesien deur middel van ’n sekulêre werk—tentmakery. Belangriker nog, hy het die mense op ’n uiters doeltreffende manier bereik, naamlik deur hulle ‘in die openbaar en in hulle huise’ te onderrig (Handelinge 18:3; 20:20, 21, 33, 34). In teenstelling met vandag se besoldigde predikante volg die ouere manne, of herders, onder Jehovah se Getuies steeds hierdie Skriftuurlike voorbeeld van die eerste-eeuse Christene.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel