Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 6/15 bl. 24-26
  • Hoe het die skares Jesus gehoor?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe het die skares Jesus gehoor?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom op ’n uitstappie na die See van Galilea!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Gennesaret—‘uitsonderlik en wonderskoon’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • A7-D Belangrikste gebeurtenisse van Jesus se lewe op die aarde – Jesus se groot bediening in Galilea (Deel 2)
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Die Messias het profesieë vervul
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 6/15 bl. 24-26

Hoe het die skares Jesus gehoor?

DIE Evangelie van Mattheüs meld dat Jesus Christus by een geleentheid “in ’n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek” (Mattheüs 13:1-35; Markus 4:1-9). In hulle boek Come See the Place: The Holy Land Jesus Knew, opper Robert J. Bull en B. Cobbey Crisler ’n paar interessante vrae aangaande hierdie verslag. Hulle vra: “Hoe kon iemand sonder die een of ander vorm van stemversterking deur “n groot menigte’ gehoor word? En is dit moontlik om ’n plek by ’n strand te vind wat oor die akoestiek beskik om sodanige versterking voort te bring?” Moontlik het jy ook hieroor gewonder.

Wel, let op hulle antwoord: “Daar is onlangs vasgestel dat een van die verskeie inhamme naby Kapernaüm presies sulke akoestiese eienskappe van ’n natuurlike amfiteater het. Akoestiese eksperimente is op hierdie plek gedoen om te toon dat ‘’n groot menigte’ van sowat vyf- tot seweduisend mense wat hier vergader het ongetwyfeld in staat sou gewees het om iemand te sien en duidelik te hoor praat as hy op ’n boot was wat na aan die middel van die inham gelê het.” En hoe is hierdie akoestiese proefnemings uitgevoer? Virginia Bortin, ’n skryfster oor argeologiese onderwerpe, verduidelik in The San Juan Star, ’n koerant in Porto Rico.

Volgens Bortin het argeoloog B. Cobbey Crisler, medeskrywer van die bogemelde boek, en akoestiekingenieur Mark Myles, eksperimente “naby Tell Hum, die ligging van eertydse Kapernaüm”, gedoen. Daar “vorm die grond ’n effense opdraande wat van die See van Galilea af tot by ’n moderne pad, meer as ’n voetbalveld daarvandaan, strek”. Crisler het deur die water van die inham geloop en daar op ’n groot rots gaan staan. Toe het hy, om gelykmatige klank te kan voortbring, ewe groot ballonne opgeblaas en hulle by gereelde tussenpose laat bars. Myles het die desibelpeile met behulp van ’n elektroniese klankmeter gemeet terwyl hy teen die steilte op in die rigting van die pad geloop het. Crisler het toe strand toe gekom en die ballonbarsery daar herhaal. Die bevinding? Die geluidsintensiteit was groter van die rots in die inham af as wat dit van die strand af was! Interessant genoeg, toe Crisler daar in die inham was, het verskeie motors met toeriste op die pad bokant hom stilgehou. Hy kon duidelik hoor toe iemand vra: “Wat doen hy daar onder?” ’n Ander het geantwoord: “Ek weet nie. Hy staan net daar met ’n paar rooi ballonne in sy hand.”

Wanneer mense op dieselfde vlak staan of sit, word die klank van ’n geprojekteerde stem blykbaar deur hulle liggame, hare, klere, die plantegroei en ruimte geabsorbeer. Maar as hulle teen ’n heuwel of ’n helling soos die naby Kapernaüm is, kan hulle die spreker hoor as hy op die regte afstand onder en van hulle af is, aangesien sy stem grootliks versterk word. Die stil, gespanne aandag van die destydse toehoorders en die vanselfsprekende afwesigheid van hedendaagse agtergrondgeraas van stralers, motors, vragmotors, ensovoorts moet natuurlik nie buite rekening gelaat word nie.

Maar wat van ander geleenthede toe Jesus, volgens Bybelverslae, groot menigtes toegespreek het? Crisler en Myles se teorie is dat Jesus en ander Bybelfigure wat groot gehore toegespreek het doelbewus “oop gebiede wat vir hulle natuurlike versterkingseienskappe bekend was, gesoek en vir massakommunikasie gebruik het”.

Crisler en Myles het ook navorsing gedoen “om vas te stel hoeveel mense in staat was om Jesus duidelik te sien toe hy die dag daar gepraat het”. In die veronderstelling dat dit ’n sonnige, wolklose dag was, het hulle geskat dat “’n gehoor van 5 000 tot 7 000 Jesus kon gehoor en gesien het waar hy ’n ent van die kus af gepraat het”. Dit het joernaliste Bortin tot die slotsom laat kom dat “dit Evangelieverslae staaf oor groot skares wat van oral in Palestina na Galilea gestroom het om die wondergeneser te sien wanneer hy hulle in gelykenisse toegespreek het. Die Kapernaüm-ligging met sy komvormige, natuurlike amfiteater het almal inderdaad in staat gestel om hom duidelik te sien.”

Daar kan natuurlik nie dogmaties beweer word dat Crisler en Myles die werklike terrein van Jesus se strandtoespraak ontdek het nie. Maar dit is interessant om daarop te let dat die voorgestelde terrein ’n plek is waar daar volop doringbosse en rotse is, met geel mosterdblomme wat tussen hulle groei. Jesus se gebruik daarvan in sy gelykenisse sou sy onderrigting dus treffender gemaak het. Jesus se bevel om te “luister”, sou in ’n omgewing met sulke goeie akoestiek ook uiters gepas gewees het (Markus 4:3). In so ’n plek kon al sy luisteraars sy gebruik van die woord “ore” en die talle vorme van die werkwoord “hoor” eweneens maklik verstaan het. Ja, nie net kon almal wat daar in daardie “natuurlike amfiteater” teenwoordig was Jesus heel duidelik gesien en gehoor het nie, maar hulle kon ook die volle trefkrag van sy gelykenisse begryp het deur eenvoudig rond te kyk.

[Kaart op bladsy 25]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Die ligging van:

1. Kapernaüm

2. Vlakte van Gennesaret

3. Tiberias

4. Uitvloeipunt van die Jordaanrivier na die suide

5. Die berg Tabor

See van Galilea

Galilea

[Erkenning]

Gebaseer op ’n kaart waarvan die kopierieg voorbehou word deur die Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis) en die Israelse Departement van Landmeetkunde

[Prent op bladsy 24]

Uitsig op die See van Galilea met Kapernaüm in die noordooste; gesien van die kant van die Vlakte van Gennesaret

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

[Prent op bladsy 26]

Noordwestelike hoek van die See van Galilea. Dit was waarskynlik naby Kapernaüm dat Jesus die skare van ’n boot af toegespreek het

[Erkenning]

Prente-argief (Nabye Oosterse geskiedenis)

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel