“’n Boete” maak wys
SPREUKE 21:11 (NW) sê: “Deur die spotter ’n boete op te lê, word die onervarene wys; en deurdat ’n mens ’n wyse insig gee, verkry hy kennis.”
’n “Onervarene” vind dit dikwels moeilik om in te sien waarom ’n sekere optrede verkeerd is. Maar mettertyd merk hy dalk hoe ’n “spotter”—iemand wat met die beginsels van God se Woord spot—in sy goddeloosheid gevang word en “benoudheid en moeilike tye” ervaar (Spreuke 1:27, NW). Onder die Mosaïese Wet kon ’n oortreder toepaslike ‘straf’ (King James Version), of meer letterlik “’n boete”, opgelê word.—Vergelyk Exodus 21:22; Deuteronomium 22:19.
Hoe raak dit die onervarene? Wanneer hy uiteindelik die gevolge van oortreding sien, kan hy ‘wys word’ en hom voorneem om nie ook so op te tree nie. (Vergelyk Spreuke 19:25.) Hierteenoor weet “’n wyse” reeds uit vorige ondervinding, waarneming en kennis van Bybelbeginsels dat ’n sekere optrede onheilsaam of vernietigend is. Hy hoef nie altyd eers die nadelige gevolge van ’n sekere daad te sien voordat hy oortuig is dat dit verkeerd is nie. Hy kan dus deur blote onderrig, eerder as deur bittere ondervinding, tot nuwe ‘insigte’ kom.