’n Geneesheer het hulle waardeer
’n Geneesheer in Frankfort, Wes-Duitsland, wat aangemoedig is om sy intekeninge op Die Wagtoring en Ontwaak! te hernieu, het nie net die geld vir die hernuwings gestuur nie, maar het ook verduidelik:
“Ek is voortdurend verbaas om so ’n verskeidenheid goeie, baie interessante artikels—talle daarvan buite die godsdienssfeer—teen so ’n lae prys te vind. Hoewel my tyd baie beperk is, het ek dikwels my aande deurgebring deur in my woonkamer in ’n stoel opgekrul te sit en julle tydskrifte by lamplig te lees. Weer eens baie dankie vir julle pogings.”
Jy kan hierdie uitstekende leesstof self geniet. Hierdie twee waardevolle tydskrifte kan by jou huis afgelewer word as jy die bygaande koepon invul en pos.
Stuur asseblief ’n jaarintekening op Die Wagtoring en Ontwaak! Ek sluit R18 in. (Skryf buite die RSA aan plaaslike Wagtoringtakke vir inligting.)