“Eksemplare vir vriende”
Baie mense het die boek Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou so baie geniet dat hulle eksemplare vir ander gegee het. Iemand in Indiana, VSA, skryf byvoorbeeld:
“Ek wil julle graag gelukwens met die wonderlike boek wat ek pas gelees het, Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou. Die boek is goed geskryf en maklik verstaanbaar, en dit sal vir jonk en oud voordelig wees om dit te lees.
“Ek wil graag bykomende eksemplare vir vriende hê en wil ook die boek as ’n geskenk by bruidskombuise gebruik.
“Ek is ’n lid van die Kerk van die Nasarener . . . en sal nie ander lektuur, buiten die boek, wil ontvang nie . . . As dit vir my moontlik is om tien eksemplare van die boek teen ’n redelike prys te bekom, sal ek graag van julle wil hoor.”
Miskien is jou mening omtrent die Gesinslewe-boek dieselfde as hierdie persoon s’n. Ken jy iemand met wie jy dit graag wil deel? Stuur gerus vir daardie persoon ’n geskenkeksemplaar. Jy kan dit doen deur eenvoudig die bygaande koepon in te vul en te pos. Sluit net R2 by die koepon in.
Stuur asseblief die hardebandboek met 192 bladsye Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou tesame met ’n brief wat verduidelik dat dit ’n geskenk is van ․․․․ .
Ek sluit R2 in.