Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 1/15 bl. 6
  • ’n Waarderende bejaarde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Waarderende bejaarde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Christengesin help die bejaardes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • “Toon dat julle dankbaar is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Liefde teenoor bejaardes—’n Christelike verantwoordelikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Sien om na die belange van die bejaardes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 1/15 bl. 6

’n Waarderende bejaarde

Nadat ’n 79-jarige vrou in Japan Die Wagtoring van 1 Junie 1987 oor die onderwerp “Wie sal vir die bejaardes sorg?” gelees het, het sy die volgende brief geskryf.

Geagte broers,

Ek het die nommer van 1 Junie 1987 in verband met bejaardes bestudeer en die materiaal is uiters simpatiek en liefdevol. Toe ek by paragraaf 11 gekom het, moes ek my sakdoek uithaal, want ek het eenvoudig gehuil en gehuil en kon nie ophou nie. Dit was trane van diepe dankbaarheid. Watter liefde en welwillendheid! Ek kon slegs doen wat Psalm 150 sê en Jah loof! Ek wil julle broers nederig en hartlik bedank dat julle hierdie weldeurdagte artikels gepubliseer het wat tot in die fynste besonderhede aandui hoe om vriendelikheid aan bejaardes te betoon. Ek is natuurlik dankbaar vir die puik artikels wat julle elke maand publiseer, en ek kan my waardering nie genoegsaam in woorde betuig nie. Ek bedank julle weer eens.

Gelukkig is almal in ons gemeente baie liefdevol en vriendelik. Hulle neem my met hulle motors na die velddiensgebied en bring my weer terug, en danksy hulle vriendelike diens is ek ’n hulppionier. Ek is diep dankbaar vir elke dag wat ek in so ’n wonderlike, beskermende organisasie kan deurbring.

In die hedendaagse wêreld, waar bejaardes talryker maar minder welkom word, is daar niks kosbaarders as die seëninge wat ons van so ’n liefdevolle God ontvang nie. Dit is my bede dat ek soveel mense moontlik kan help om die waarheid te leer sodat hulle hulle saam met ons kan verheug.

Ek loof Jehovah en bedank julle, my dierbare broers. Verskoon asseblief my vreeslike handskrif waaroor ek my skaam. Mag Jehovah julle seën en julle goeie gesondheid skenk.

’n Onwaardige ou vrou

[geteken] Nogami

Woorde en gevoelens soos hierdie staaf die feit dat ware Christelike liefde geen perke of ouderdomsgrens ken nie. Jehovah se Getuies, jonk en oud, bewys hulle dissipelskap deur Jesus se woorde na te leef: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”—Johannes 13:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel