Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 10/15 bl. 21
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Resep vir rampspoed
  • Monogamie of veelwywery?
  • Preek vir ’n prys
  • Wat is verkeerd met poligamie?
    Ontwaak!—1991
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Is poligamie aanvaarbaar?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Keur God veelwywery goed?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 10/15 bl. 21

Insig in die nuus

Resep vir rampspoed

“Gedurende die vroeë dae van televisie is geweld minder dikwels en minder realisties uitgebeeld as wat vandag die geval is”, sê dr. Paul Wilson van die Australiese Instituut van Kriminologie. Maar waar Wilson beskryf wat na sy mening die resep vir maatskaplike rampspoed en anargie is, voeg hy by: “Nou stroom bloed uit diep snye aan die liggaam en die doodsangs word in sy langsame wrangheid weergegee. . . . Tieners word doodgekap en stik stadig omdat hulle kele afgesny is, en hulle doodsroggels word liefdevol deur die kamera vasgelê.”

In sy artikel wat in The Sydney Morning Herald verskyn het, het dr. Wilson kommentaar gelewer oor die feit dat nuusverslaggewers gesukkel het om Australiërs se belangstelling in die onlangse, bloedlose staatsgreep in nabygeleë Fidji te wek. Die rede? “Geweld is die maatstaf van moderne vermaak”, sê Wilson. Die nuusdekking deur die TV en pers was akkuraat, is sorgvuldig ontleed en was feitelik, maar daar was geen “lewendige televisiebeelde van geweld en koerantberigte wat onluste beskryf nie”, het hy verduidelik.

Hoe goed strook hierdie toenemende sug om deur geweld vermaak te word tog met die Bybel se beskrywing van diegene wat in “die laaste dae” van die huidige stelsel lewe! In hierdie kritieke, finale geslag word mense beskryf as “bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie”.—2 Timotheüs 3:1, 3.

Monogamie of veelwywery?

Behoort die kerk lidmate wat meer as een huweliksmaat het te aanvaar? Ten einde hierdie vraag te beantwoord, het die Anglikaanse Kerk in Uganda ’n groep aangestel om ’n studie van “veelwywery en die Christengesin” te maak. Die Ekumeniese Persburo berig dat dit volgens een lid van die studiegroep, biskop Christopher Senyonjo, nie net aanvaarbaar is om meer huweliksmaats te hê nie, maar dat dit ook voordelig is. Waarom sê hy so? Hy beweer dat veelwywige huwelike kan help om die verspreiding van die siekte Vigs te keer. Hy beweer boonop dat veelwywery vir Christene opsioneel is en sê dat Christus “ons afgesaagde en smaaklose huwelike in soet wyn sal verander, hetsy hulle monogaam of veelwywig is”.

Tog toon die Bybel duidelik dat Jehovah God, die Skepper van die monogame huwelik, nie daarmee saamstem nie. Hy het die apostel Paulus geïnspireer om te skryf: “Elke man [moet] sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê” (1 Korinthiërs 7:2). Dit is opvallend dat Paulus later aangaande die vereistes vir diegene wat die kudde lei, geskryf het: “’n Biskop moet dan onberispelik wees, die man van een vrou.”—1 Timotheüs 3:2, King James Version.

Ware Christene in Afrika, soos elders, beskou veelwywery derhalwe tereg as ’n skending van God se wet.

Preek vir ’n prys

Priesters van die Lutherse Kerk van Swede was ontevrede met hulle salarisse omdat dit na berig “laag [is] in vergelyking met dié van ander beroepe wat baie korter studie of opleiding behels”. Maar volgens die nuusdiens van die Wêreldraad van Kerke is die situasie besig om te verbeter. Na “’n lang en enigsins bittere veldtog” het die priesters onlangs ’n werkweek van 40 uur verkry. Maar sê nou die Swede het ná werkure priesterlike hulp nodig. Wat dan? Die nuwe arbeidsooreenkoms waarborg ook oortydbetaling vir elke ekstra uur van pastorale sorg. Sulke oortydbesoldiging sal hulle jaarlikse salarisse na verwagting met 10 tot 12 persent verhoog.

In teenstelling met Sweedse priesters se besorgdheid oor beter besoldiging vir hulle dienste het Jesus die volgende vir sy dissipels gesê toe hy hulle uitgestuur het om te preek: “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee. Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie” (Mattheüs 10:8, 9). Wat het hy bedoel? Die goeie nuus van die Koninkryk moes nie gekommersialiseer word nie en moes ook nie vir selfsugtige, persoonlike gewin gebruik word nie. Die dissipels het Jesus se opdrag gehoorsaam en hulle bediening is vervul. Waarom? Omdat God hulle in die bediening onderskraag het.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel