Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 8/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Geestelikes en Vigs
  • Verkeerde kanaal
  • Tas in die donker
  • Hulp aan diegene met vigs
    Ontwaak!—1994
  • Hoe dokters hulle teen Vigs beskerm
    Ontwaak!—1991
  • VIGS—Wat ouers en kinders moet weet
    Ontwaak!—1991
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 8/15 bl. 30

Insig in die nuus

Geestelikes en Vigs

“Vigs-gevalle neem toe onder Katolieke geestelikes” was die opskrif van ’n artikel in die International Herald Tribune. Die berig het gesê: “Hoewel dit onmoontlik is om die omvang van die probleem te dokumenteer, het geneeshere, geestelikes en maatskaplike werkers in etlike stede oor die hele land gesê dat die aantal Katolieke geestelikes wat deur Vigs aangetas is, toeneem . . . Die toenemende bewustheid dat [Vigs-]slagoffers Katolieke geestelikes insluit, het vir die kerk ’n probleem opgelewer vanweë die implikasie dat sommige priesters en broers nie net hulle selibaatgeloftes verbreek het nie, maar ook kerkwette oortree het deur hulle aan homoseksualiteit skuldig te maak.”

Dit is egter nie alleenlik aan die verbreking van selibaatgeloftes toe te skryf nie, want daar is aangemelde gevalle van Vigs selfs onder die geestelikes van kerke wat hulle predikante toelaat om te trou. Dieselfde berig het onthul dat “Vigs ’n groot verskeidenheid Amerikaners, waaronder rabbi’s, Episkopaalse priesters, Baptistepredikante en ander geestelikes, aangetas het”.

Natuurlik is nie alle geestelikes wat Vigs het noodwendig homoseksuele nie. Vigs kan ook deur normale geslagsomgang en deur middel van bloedoortappings opgedoen word. Tog toon sulke gevalle onder die geestelikes wat kan gebeur wanneer individue die duidelike beslissing veronagsaam wat deur die eerste-eeuse raad in Jerusalem gegee is, naamlik om jou “te onthou . . . van bloed, van die vleis van diere wat verwurg is en van ongeoorloofde geslagsomgang”.—Handelinge 15:29, The New American Bible (’n Katolieke Bybel).

Verkeerde kanaal

“Wees lief vir jouself; jy is God.” ’n Vreemde boodskap, sê jy? Beslis, maar die boodskap word gewild onder ’n toenemende aantal mense wat soek na ’n alternatief vir tradisionele godsdiens. Die Los Angeles Times berig dat daardie woorde, wat deur ’n 27-jarige Kaliforniese huisvrou, Penny Torres, geuiter is, glo die woorde is van Mafu, “’n hoogs geëvolueerde ‘wese van die sewende dimensie’ wat laas as ’n melaatse in eerste-eeuse Pompeii geïnkarneer is” en vir wie Torres as ’n “kanaal” dien, Torres is een van ’n aantal persone in die Verenigde State wat as “kanaal” dien vir “dooie geeste” wat leer dat elkeen sy of haar eie God is.

“Kanale” is volgens die Times “mediums wat met ’n bepaalde doel in ’n half bewustelose of bewustelose beswyming raak om te kommunikeer met die onsigbare ‘geesteryk’” of “buiteaardse wesens”. In hierdie toestand kan hulle gevra word om raad te gee of vrae oor persoonlike sake te beantwoord. In Los Angeles alleen is daar na raming tot 1 000 mense wat beweer dat hulle kanale is. Waarom die skielike belangstelling in kanale? Ronald F. Thiemann, dekaan van die Harvardse Teologiese Fakulteit, sê in The Miami Herald dat “teologie in die Amerikaanse intellektuele lewe al hoe meer afneem”.

Eeue vantevore het Moses die nasie Israel gewaarsku: “Daar mag niemand by jou gevind word . . . wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie,” Die rede? “Elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ’n gruwel.”—Deuteronomium 18:10-12.

Tas in die donker

Lede van die Internasionale Vereniging vir die Studie van die Oorsprong van die Lewe (ISSOL) het verlede jaar in Berkeley, Kalifornië, byeengekom vir hulle agtste konferensie. Nadat hy erken het dat ’n “selfkritiese beoordeling van wat tot op hede bereik is”, nodig is, het professor Klaus Dose, medestigter van ISSOL, in Naturwissenschaftliche Rundschau, ’n Duitse wetenskapstydskrif, gesê dat jarelange navorsing evolusioniste geensins nader gebring het aan ’n begrip van die oorsprong van die lewe nie.

Professor Dose skryf: “Daar is waarskynlik geen studierigting van die natuurwetenskap wat hom deur so ’n verskeidenheid teenstrydige idees, hipoteses en teorieë onderskei as die hele gebied van die evolusie van die lewe nie. In 1986, meer as 30 jaar na die aanvanklik belowende begin van die era van nabootsingseksperimente, kan ons nie juis meer feite aanwys om die werklike meganisme van die oorsprong van die lewe te verduidelik as wat Ernst Haeckel 120 jaar gelede gedoen het nie. Daar moet ongelukkig erken word dat die produkte van nabootsingseksperimente, oor die algemeen, geensins nader aan die lewe is as die stowwe waaruit koolteer saamgestel is nie.” Professor Irving Kristol van die New Yorkse Universiteit het eweneens geskryf dat “die geleidelike transformasie van die bevolking van een spesie in ’n ander ’n biologiese hipotese is, nie ’n biologiese feit nie”.

Terwyl evolusioniste aanhou om na antwoorde te tas, strook die Bybel se verduideliking met alle bekende feite. Soos die Bybelskrywer Dawid met oortuiging geskryf het: “Want by U [God] is die fontein van die lewe.”—Psalm 36:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel