Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 8/1 bl. 3
  • Vrae wat mense oor alkohol stel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae wat mense oor alkohol stel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Word gelei deur God se beskouing van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Hoe moet Christene oor alkohol voel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Alkoholgebruik – Hoe kan jy in beheer bly?
    Nog onderwerpe
  • Alkohol
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 8/1 bl. 3

Vrae wat mense oor alkohol stel

“VERSTANDIGE mense drink glad nie wyn nie.” Dit is wat ’n Nigeriese geestelike gesê het. Tot onlangs sou mense so ’n bewering as onverdraagsaam en bekrompe verwerp het. Maar vandag neem ’n negatiewe beskouing van alkohol in sommige wêrelddele toe.

’n Onlangse Reader’s Digest/Gallup-opname (in Amerika) het byvoorbeeld getoon dat “Amerikaners minder begin drink”. Die tydskrif Time berig insgelyks dat alkoholverbruik “in Amerika teen ’n vinniger tempo afneem as te eniger tyd sedert die drankverbod in 1920 ingestel is”. Frankryk berig ’n afname van wynverbruik.

Wat is die rede vir hierdie neiging tot matigheid? Sommige skreeu moord en brand oor die verskriklike slagting wat dronkbestuurders op hoofweë veroorsaak. “In 1983”, het Reader’s Digest beweer, “het alkohol . . . die [Verenigde State R179-miljard] aan werkloosheid en lae produktiwiteit, gesondheidsorg, verlies van eiendom en misdadigheid gekos, asook onmeetlike skade aan die gesinslewe van die betrokkenes.” Dit is dan geen wonder nie dat die VV se Wêreldgesondheidsorganisasie regerings onlangs aangeraai het om ‘die beskikbaarheid van alkohol ter wille van die gesondheid en welstand van hulle bevolkings te beperk’.—New Nigerian, 16 Maart 1983.

Sommige pleit selfs om onthouding. Die Nigeriese geestelike wat hierbo aangehaal is, beweer: “Spreuke 20:1 sê spesifiek dat diegene wat wyn drink nie wys is nie.” En ’n ander prediker beweer: “Die Heilige Skrif veroordeel alkohol in die boek Jesaja”, en meld die tekste in Jesaja 5:11, 12 en 22.

Met die oog op sulke bewerings wonder mensê: Wat beteken sulke Bybeltekste? Plaas die Bybel werklik ’n uitdruklike verbod op die gebruik van alkoholiese dranke? Het Jesus nie self wyn gedrink nie, of was dit alkoholvrye druiwesap? Is dit dalk, met die oog op die duidelike gevare wat daarby betrokke is, beter vir Christene om hulle van sterk drank te onthou? Ons kan die antwoorde op hierdie vrae vind deur die Bybel self te ondersoek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel