“Hierdie boek moet ’n Oscar ontvang”
Die volgende brief is uit East Orange, New Jersey, VSA, ontvang.
“Geagte Heer,
“Ek het dit geniet om onlangs die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? te lees. Ek het toevallig daarop afgekom terwyl ek in die posafdeling by my werk gewerk het. En die boek was eenvoudig boeiend. Die mense wat hierdie wonderlike boek saamgestel het, moet gelukgewens word. Ek deel nie sommer komplimente uit nie, maar ek wil hulle opreg gelukwens.
“Ek het twee pragtige dogters, elf en sewe jaar oud. Ek is seker dat hierdie boek vir hulle ’n waardevolle hulpmiddel gaan wees by die opvoeding wat hulle nou op laerskool ontvang. Die boek is baie goed geskryf en in groot druk—uitstekend vir liewe ou Pa se oë. Hierdie boek behoort ’n Oscar te ontvang, want dit is kleurryk, pragtig geïllustreer en meesterlik saamgestel. . . . Vertel my asseblief waar en hoe ek dit kan bestel. Ek wil drie eksemplare hê. Stuur dus asseblief so gou moontlik ’n paar bestelvorms en die prys.”
Jy kan ’n eksemplaar van hierdie puik publikasie ontvang deur die bygaande koepon in te vul en dit saam met ’n bydrae van net R4,50 te pos.
Stuur asseblief die boek met 256 bladsye Lewe—Hoe het dil hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? posvry aan my. Ek sluit R4,50 in.