Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 5/15 bl. 32
  • Hy het 50 eksemplare bestel!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy het 50 eksemplare bestel!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 5/15 bl. 32

Hy het 50 eksemplare bestel!

Toe die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? sowat twee jaar gelede uitgereik is, het ’n vrou in Engeland gedink dat dit ’n ideale geskenk vir haar oom, ’n invloedryke, 84-jarige sakeman in die Yorkshire-gebied, sou wees. Sy het hom dus ’n eksemplaar gegee.

Binne ’n week het hy haar gebel en gesê: “Wonderlik, daardie boek is eenvoudig wonderlik! Kan jy vir my nog eksemplare kry? Ek wil dit graag vir my kollegas as geskenke gee.”

Daar was slegs 25 onmiddellik beskikbaar, en hy het dit gou onder sy kennisse versprei. Maar hy wou nog 25 hê. Hulle is weldra bekom, en hy het hulle ook vir sy kollegas gegee—altesaam 50!

Miskien voel jy net soos hierdie sakeman oor die Skepping-boek. Ken jy iemand vir wie jy graag hierdie Bybelse publikasie wil gee? Stuur gerus vir daardie persoon ’n geskenkeksemplaar. Jy kan dit doen deur die koepon hieronder in te vul en saam met R4,50 te pos.

Stuur asseblief, posvry, ’n geskenkeksemplaar van die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? met 256 bladsye, sowel as ’n brief wat verduidelik dat dit ’n geskenk is van ‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐‐ (jou naam). Ek sluit R4,50 in.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel